Tuis. 08

(Tuis.) #1

Tawwe tienie


Portaalplant/potysterplant
Aspidistra elatior
Die portaalplant is taai en gee nie om vir afskeep nie – dis
juis waar hy sy ander naam potysterplant vandaan kry. Dit
groei in min lig en wisselende temperature en vogtigheid is
nie belangrik nie. Sodra die plant goed gevestig is pla dit
ook nie as hy ongereeld water kry nie. Die portaalplant hou
wel van goed gedreineerde grond; dit keer dat die wortels
verrot. Plant dit in die skaduwee weg van direkte son. Dit is
ook net so gelukkig as huisplant.
Pluk gerus die mooi blare; hulle hou baie lank in water. Sit
drie of vyf stele (’n onewe getal lyk altyd mooier) in ’n glas-
bak vir ’n groen rangskikking. Portaalplante blom maar die
blomme is op grondvlak en nie iets wat ’n mens gereeld sien
nie – dit word vir sy groen loof en gehardheid gekweek.

Plantgids
Aspidistra elatior
Volskaduwee
Gemiddelde
waterbehoeftes
Redelik rypbestand
Groei tot 70 cm hoog

Plantgids
Adiantum
raddianum
Volskaduwee
Vra heelwat water
Redelik rypbestand
Groei 45 cm hoog
Goeie huisplant

Adiantum raddianum

Hier is ’n paar
staatmakers

Tropies


Philodendron ‘Xanadu’
Dié blaarplant aard goed in halfskaduwee. Dit hou van koel klam grond
en het heelwat water nodig. Dis ’n maklike groeier en ook ’n goeie plant vir
’n stoep met baie lig maar nie te veel direkte son nie. Die plant is giftig vir
mens en dier – wees dus versigtig as jy kinders of troeteldiere het.

Plantgids
Philodendron
‘Xanadu’
Halfskaduwee
Vra heelwat water
Redelik rypbestand
Immergroen
Groei tot 1 m hoog

Nooienshaarvaring
Adiantum raddianum
Die nooienshaarvaring is delikaat met fyn
heldergroen blare aan donker stele. Dit is
’n baie gewilde huisplant wat van helder
indirekte lig hou maar moenie in direkte
sonlig staan nie. Die plant hou van ’n
vogtige omgewing en aard daarom goed
in ’n badkamer. Moenie dat jou nooiens-
haarvaring se wortels uitdroog nie – hou
dit klam.
Dié varing is redelik siektevry. Sny
blare wat bruin word af. Nooienshaar-
varing kan ook in die tuin onder bome of
in ’n skaduryke hoekie groei maar is ’n
sensitiewe plant. Die inheemse sewe-
weeksvaring is ’n meer geharde opsie
vir die tuin.

Fyn en delikaat


Varings met hul grasieuse groen blare hou van ’n koel en klam omgewing.
Plant ’n klompie bymekaar vir ’n bosgevoel in jou skadutuin. Dit aard
goed onder bome by ’n fontein of in koeler dele waar ander plante soms
moeilik groei.

Philodendron ‘Xanadu’

Aspidistra elatior

tuin plante van die maand

Free download pdf