Tuis. 08

(Tuis.) #1
Plantgids
Monstera deliciosa
Vol- tot half-
skaduwee
Rypgevoelig
Gemiddelde
waterbehoeftes
Immergroen
Groei tot 10 m hoog

Augustus 2017tuis 97


Monsteragtig!


Geraamteplante


Monstera deliciosa
Die geraamteplant met sy reuseblare
kom in tropiese reënwoude voor waar
hy onderlangs in die donker groei
totdat hy by ’n boomstam kom – en
dan klim hy gemaklik hemelhoog
daarteen op. Dit aard in half- tot
volskaduwee en raak baie groot;
maak dus seker daar is genoeg plek
waar jy hom plant. Die plant dra wit
blomme en vrugte maar die vrugte
moet ryp wees voor dit geëet word.
Buiten die ryp vrug is die plant giftig.
Geraamteplante is nie rypbestand nie.
As jy genoeg plek het gebruik dit
as huisplant maar hou dit in toom.
Die blinkgroen blare maak ’n mooi
vertoning.


Bronne Maak tuin saam
met Keith Kirsten deur Keith
Kirsten; Die Suid-Afrikaanse
Watter blom is dit? deur
Kristo Pienaar; Reader’s
Digest A South African
Garden for All Seasons
met hoof-medewerker
Jennifer Godbold-Simpson;
thegardener.co.za;
plantinfo.co.za;
ourhouseplants.com

KONTAK Cape Garden 021 988 4137
capegardencentre.co.za
Free download pdf