130 tuis Desember 2017
agterblad
Hier kort voor Kersfees onthou Riana
Scheepers weer dat dit nie altyd die blinkste
liggies en grootste geskenke is wat die diepste
vreugde bring nie ...
Riana [email protected]
Illustrasies
Paula Dubois
Dis Kerstyd ân tyd van vreugde en welbehae. Oor die
wêreld heen word Kersfees op uiteenlopende maniere
gevier. Die Europese Kersfees is spierwit en koud; die
mense drink glühwein en ski in die sneeu. In Suid-Afrika
sit ons die witwyn op ys en pak ân piekniekmandjie vir
die strand. Dit maak nie saak hoe die mensdom dit vier
nie â met innigheid en religieuse respek loslit en sonder
insig vir die diepere betekenis van die Christusfees
- families en vriende kom bymekaar en geniet die
samesyn. En altyd altyd is daar ân feesmaal.
Of dalk nié altyd nie.
Terwyl die meeste tafels kreun onder té veel kos is dit
ân harde realiteit dat daar in sommige huise doodgewoon
nie genoeg kos op die tafel is om dit ân âfeestafelâ te
noem nie. Beteken die gebrek aan aardse goedere en ân
gebrek aan kos en geskenke by voorbaat ook die gebrek
aan vreugde? Ek glo dit nie vir een oomblik nie.
Daar is ân oeroue waarheid in die wonderlike boek met
Salomo se lewenswysheid Spreuke 17:1: âLiewer ân
stukkie droë brood met vrede daarby as ân huis vol kos
met ân getwis daarby.â Inderdaad.
Kort ná die val van die Berlynse muur was ek in Pole.
Al het die muur geval was die voormalige Oosblok-lande
nog bitterlik arm en agtergesteld. Die Poolse gesin saam
met wie ek ân Kersmaaltyd gedeel het het bitter min op
die tafel gehad. Maar dit was ân maaltyd wat ek tot
vandag toe onthou. Waarom? Omdat daar mense en
vreugde om daardie tafel was. Vreugde en warmte en
geselligheid en liefde wat so mildelik uitgedeel is ons
almal het vergeet van die gebrek aan kos.
Die geskenke wat die gesinslede aan mekaar gegee
het was eenvoudig maar kosbaar: ân Seënwens in
digvorm. ân Handgebreide serp. ân Lemoen. ân Potlood.
My Poolse Kersfees was sekerlik een van die belangrik-
ste gebeurtenisse wat my menswees gevorm het. Want
ek het gesien en geleer wat werklik belangrik is.
Hoe is dit moontlik om vreugde om ân tafel te hê as
daar min lewensgoedere is? Elkeen sal seker sy eie plan
bedink. As ek hieroor dink dan weet ek dat dit eintlik
maar neerkom op een persoon: Die ma van die huis. As
die ma van ân huis die regte gesindheid het dan sien
almal kans vir die lewe.
Jare gelede om die waarheid te sê sewentien jaar
gelede het ek van een van my studente ân merk-
waardige stukkie skryfwerk gekry. Die blote feit dat ek
hierdie opstel steeds in my besit het gee ân aanduiding
van die belang daarvan in my lewe want ook dÃt is ân
baken op my lewenspad. Die eerste opdrag wat ek altyd
as dosent aan my tweede- en derdetaalstudente gegee
het was om vir my ân kort skryfopdrag te lewer sommer
tydens die heel eerste klas. Die onderwerp was altyd ân
maklike tema want ek wou net ân aanduiding kry van
die klas se kollektiewe skryf- en taalvermoë nie hul
verbluffende insigte en lewensfilosofieë nie. Dié
spesifieke jaar was die tema: âDie belangrikste persoon
in my lewe.â As hulle klaar is kon hulle gaan. Die klas
was heel ingenome met die maklike opdrag en het
lustig aan die skryf gegaan.
Ek het gedink dat ek in hul skryfsels te doen sal kry
met politieke figure kulturele ikone sportsterre
glans persoonlikhede. My studente was immers jonk en
progressief en vol lewenslus. Maar ek het my misgis. Tot
my stomme verbasing het die oorgrote meerderheid oor
een persoon geskryf: Hul ma.
Een student se skryfwerk het my laat stilstaan.
Met spel- en taalfoute en ander stilistiese gebreke het
die jong man my vertel van sy ma. Hoe sy ná sy pa se
dood vier kinders alleen grootmaak. Hoe sy bedags
werk en saans die huishouding behartig lap en stop en
kook. Hy sluit sy opstel só af: âMy ma is nie ân vrou wat
geleer het nie. Sy is nie maar en verdun soos ân moddel
nie. Ons het nie altuid baie kos in die huis nie maar sy
maak pret aan eetenstafel. Ons is gelukig.â
Ek wens ek kon daardie vrou ontmoet.
Pret
aan etenstafel
En dit is wat ek vir ons
almal toewens vir Kersfees:
pret aan etenstafel.