Tuis. 12

(Tuis.) #1
BOU DIE FONDAMENT

Steek ’n bewapeningstaaf in die grond waar jy die middel van die vuurput wil hê en
merk dan die omtrek. As jy een met ’n deursnee van 15 m wil hê maak die stuk tou
van 75 cm aan die staaf vas. Maak die blik spuitverf aan die punt vas; trek dit effens
styf en merk met die spuitverf waar die vuurput se buiterand gaan wees.
Grawe die area sowat 15 cm diep uit. Gebruik dan dieselfde metode as bo om die
binnekring sowat 30 cm van die buitekring te merk. Dié binnekring sal dan die rand
van die vuurput se muur wees.

Bou ’n fondament waarop die put se klipmuur sal rus. Meng beton met water tot dit
die gewenste tekstuur het – of kies kortpad en gebruik ’n sak EkhayaBag-
klaargemengde beton. Lê ’n dun laag nat beton tussen die twee kringe. Los die
binnekant oop vir dreinering. Bou die beton op tot dit sowat 25 cm onder grondvlak
is. Druk bewapeningstawe in die beton vir versterking. Stryk die oppervlak glad met ’n
troffel en los 24 uur om droog te word.

BOU DIE BUITEMUUR

Noudat die fondament gereed is is dit tyd om die stene te lê. Meng dagha en lê dit
sowat 6 cm hoog bo-op die betonbasis. Lê dan die stene op die dagha; werk in klein
seksies.

As jy natuurlike stene gebruik wissel die groottes en kleure af en kies stene wat op
die effense kurwe van die vuurput pas. Waar nodig kan jy individuele stene vorm met
’n bikhamer.

Soos die buiterand van die vuurput begin vorm aanneem begin lê jy gewone stene
aan die binnerand.

BOU DIE BINNERAND

Maak elke baksteen gelyk en vul die gapings tussenin met nat dagha; skraap enige
oorskiet weg. Maak seker jy meet jy meet deurentyd die muur se binne- en buiterand
om seker te maak dit behou sy dikte en vorm.

Hou aan om die binne- en buiterand op te bou; vul enige gapings met stene en dagha
soos wat die mure vorder. Wissel die patroon van die stene af; dit maak die struktuur
meer stabiel en gee dit ’n beter voorkoms. Gebruik die voegstryker om oortollige dagha
tussen die stene te verwyder.

Om af te rond lê plat stene bo-op die muur.

Voeg ’n dagha-laag van sowat 25 cm by voor jy die stene begin lê; maak seker die
oppervlak is reg rondom plat en gelyk. Voeg nog dagha tussen die stene in om die
vuurput te voltooi.

TER AFRONDING

Gebruik ’n standaard-kwas en vee die buitekant van die put skoon van enige los
oorblyfsels.

Spuit dit dan liggies af met ’n tuinslang om enige oortollige dagha te verwyder.

Spuit die bakstene aan die binnerand met swart hittebestande spuitverf vir ’n
afgeronde voorkoms.

Vul die put met ’n basislaag rivierklippies of 19 mm-fyngruis.











Vuurputte is van die gewildste elemente in ’n tuin. Dis mooi om na te kyk funksioneel en bied ’n
kuierplek buite.

Ideaal gesproke word ’n vuurput gemaak van vuurvaste materiaal op ’n gelyke area minstens
3 m van ’n huis of boom. Dis streng onderworpe aan plaaslike bouregulasies; sekeres vereis dat
die put omring is deur ’n sand- of gruisrand. Maak dus seker wat jou plaaslike bouregulasies is
voor jy begin bou.

Die styl en vorm van ’n vuurput kan verskil. Ons ronde vuurput is sowat 60 cm hoog met ’n totale
deursnee van 15 m en die binnekant se deursnee is 90 cm.

BEPLAN JOU VUURPUT


SE ONTWERP


GEREEDSKAP



  • Maatband

  • Stake

  • Troffel

  • Voegstryker

  • Hamer


MATERIAAL



  • Tou en bewapeningstawe

  • Sand en stene

  • Spuitverf

  • Lafarge Buildcrete

  • Hittebestande verf


http://www.lafarge.co.za
0860 LAFARG (523274)

DIEFONDAMENT

Met die basiese struktuur in plek kan jy nou op die afronding fokus:
Free download pdf