Tuis. 12

(Tuis.) #1
Alles net gemaklik
Dis nou al agt jaar dat die Kriges hier op Melkbosstrand bly.
Voorheen toe Corné nog vir die Springbokke uitgedraf het het
hulle effens nader aan die stad in Bloubergstrand gebly maar
veral Justine wou graag teen die Weskus op trek na ’n kleiner
gemeenskap.
Corné wou aanvanklik nie daarvan hoor nie maar toe hulle
op ’n dag sien een van die ouer huisies reg voor op die strand in
Melkbos is in die mark kon hulle nie anders as om ’n aanbod te
maak nie. “Die huis was al 35 jaar oud en geen verbeteringe is
oor die jare aangebring nie maar die struktuur was perfek”
onthou Justine.
“Melkbos is fantasties met sy klein skool en dit pas uitstekend
by ons leefstyl van swem branderry draf en tennis speel”
vertel sy. “Dis ook ’n heerlik hegte gemeenskap. Ons draf saam
op die strand en speel tennis by die kinders se skool wat skaars
700 m van ons huis af is.”
Sedert die Kriges ingetrek het het hulle die huis stelselmatig
opgeknap. Heel eerste is die klein swembad en groot kuierstoep
aan die seekant aangebou. Daarna het die onderste
slaapkamers en badkamers gevolg en toe die kinders se
soldervertrek. Vanjaar net betyds vir Kersfees het die kombuis
ook sy nuwe baadjie gekry.
As dit by dekor kom het Justine nie ’n spesifieke styl nie
“solank dit gemaklik is” sê sy. Tog is elke vertrek in dié
onopgesmukte strandhuis prentjiemooi. >>

strandkersfees


Een van die gesin se vele
gunsteling-ruimtes is die
leefkamer met sy mooi
uitsig op die strand. Bo
is die “solder” met die
kinders se slaapkamers.


Kerskouse en kussings op
rusbank en gemakstoele van
Skinny laMinx

Free download pdf