Tuis. 12

(Tuis.) #1

Kombuis hartsplek


Die kombuis was hul mees onlangse
opknapprojek – net betyds vir Kersfees! En
dis alles wat Justine wou hê: ’n kuierplek
wat aaneenvloei met die leefvertrekke ’n
vuurherd vir daardie lekker koue winters-
aande langs die see maar bowenal: ’n
ordentlike spens en opwaskamer versteek
aan die agterkant.
“Ek wou graag die wasmasjien en ander
witgoed uit die kombuis hê – dit was vir my
’n groot vereiste” vertel Justine. “Dit was
ook tyd vir nuwe kaste en vloere want alles
het uitmekaar begin val en die wasbakke
het gelek – ons kon nie langer spoeg en
plak nie!” lag sy.
Om in te skakel by die natuurlike en
onopgesmukte voorkoms in die res van die
huis het die Kriges op laaie van
Amerikaanse populierhout besluit wat met
groot sorg aanmekaargesit is deur Crib
Creations in Soutrivier.
Vir die werkblaaie en kante was beton
van Stoneform Concrete Studios die
perfekte keuse terwyl die afgevlakte
sementvloer deur Screed Worx
geïnstalleer is. >>


Strukturele veranderinge het
ook dié nuwe venster links
Die pragtige ou venster links van die van die kaggel ingesluit.
stoof kyk uit op die sitkamer. Dit en die
imposante ou kasdeur (oorkant) is van
die antiekwinkel Wauhaus in Woodstock
terwyl die kandelaber van Frenchtique is
ook in Woodstock.

Free download pdf