Tuis. 12

(Tuis.) #1

Wie woon hier?
Carol-Ann en Hannes
van Jaarsveld
WAAR Graaff-Reinet
Karoo


Kersfees is ’n tyd van kosbare samesyn


vir ’n bedrywige Karoo-familie.


Deur Marian van Wyk •KosAndré van Rensburg
Foto’s Francois Oberholster •DekorassistentSharon Welman

Karoo


in die


Toe die Vrystaters Carol-Ann en Hannes van Jaarsveld
19 jaar gelede op Graaff-Reinet aanland het hulle geen
idee gehad wat ’n lewensveranderende skuif dit sou wees
nie – een wat later ook na hul drie seuns sou uitkring.
Hannes was ’n geoktrooieerde rekenmeester en Carol-Ann
’n binneversierder met haar eie antiekemeubel-en-
dekorwinkel op Somerset-Oos.
Vandag besit hulle ’n verskeidenheid familie-
ondernemings. Carol-Ann het die Buiten Verwagten-
gastehuis oopgemaak asook die dekorwinkel The Windmill
Junction wat hul skoondogter Amori intussen oorgeneem
het. Hannes het die Montego-hondekosfabriek begin en die
drie seuns – Morné Marco en Johan – bestuur dit deesdae.

Dié aardse Kersboom is so reg na
Carol-Ann se hart: ’n draadkegel
wat sy en Amori met spekboom- en
bloekomtakke (“penny gum”) versier
het. ’n Stapel geskenke wag vir die
sewe kleinkinders.
Free download pdf