Tuis. 12

(Tuis.) #1

Al wat blink op Carol-Ann
se Kerstafel is twee silwer
kershouers. Verder werk sy
graag kreatief met wat sy het
– gehekelde kant goiing
wit kerse growwe lint en wit
Iceberg-rose. Dit kombineer
sy met haar versameling wit
emalje-kombuisware. Net soos
die meeste van die meubels
in die huis kom die tafel en
stoele van hul dekorwinkel
The Windmill Junction.


Tafelpote geverf in die
Plascon-kleur Geneva Morn


Carol-Ann en Hannes is teoreties afgetree maar stilsit
is nie vir hulle nie. Hannes dien steeds in Montego se
direksie maar het intussen die Our Yard Coffee
Roastery & Cultural Stop oopgemaak. Carol-Ann en
Amori het saam ’n kunsgalery Artitude en Marco het
ook ’n T-hempwinkel Circa 1786.
Vir dié bedrywige entrepreneuriese gesin is
familietyd kosbaar veral oor die feesseisoen wanneer
hulle al om die ander jaar saamkuier. En dit gebeur
elke keer op ’n ander plek – van Praag tot

Plettenbergbaai of op hul wildplaas naby Graaff-
Reinet. Wanneer Kersfees tuis gevier word is drie
dinge standaard op die spyskaart: Karoo-lam
brandewyntert en die klein roosterkoekies wat hul
kleinseun Adriaan “manna” gedoop het.
“Ek is hartstogtelik lief vir die Karoo en alles wat eie
is aan dié wêreld” vertel Carol-Ann. “As dit nie so
gevaarlik was vir my kleinkinders nie het ek
akasia-doringtakke ook in my Kersboom gedruk!
Ek hou nie van blink goed nie.” >>

Familietyd


Desember 2017 tuis 51


karoo-kersfees

Free download pdf