Tuis. 12

(Tuis.) #1

Brandewyntertjies


Maak dié bederfies twee dae voor die tyd en
bêre in die yskas.


Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 30 minute (vir klein tertjies
in ’n kolwyntjiepan) of 45–50 minute vir
een groot poeding
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C



  • 5 ml koeksoda

  • 250 ml gesnipperde dadels

  • 250 ml kookwater

  • 125 ml botter

  • 250 ml suiker

  • 2 eiers

  • 375 ml koekmeel

  • 75 ml bakpoeier

  • 250 ml gemengde neute gekap
    STROOP

  • 375 ml suiker

  • 15 ml botter

  • 250 ml water

  • 125 ml brandewyn

  • 125 ml soetwyn


1 Voorverhit die oond. Strooi die koeksoda
oor die dadels en giet dan die kookwater oor.
Laat afkoel. Klop die botter suiker en eiers
saam tot liggeel en donsig; sif die meel en
bakpoeier saam. Roer dan die meel neute
en die dadelmengsel by die bottermengsel
in en skep die beslag in die holtes van ’n
gesmeerde kolwyntjiepan of groot tertpan.
Bak tot net gaar.
2 Maak intussen die stroop Roer die suiker
botter en water saam in ’n kastrol oor matige
hitte tot al die suiker opgelos is en laat kook
vir 5 minute. Wanneer die tertjies uit die
oond kom roer jy die brandewyn en soetwyn
by die stroop en drup dit dadelik oor die
warm tertjies – hulle sal al die lekkerte
opslurp. Sit koud voor met vanieljeroomys.


Vorm die roomysballe (ook as jy winkel-
roomys gebruik) vooraf en vries tot hard. Só
kan jy die nagereg vinnig en maklik voorsit.


  • 250 ml melk

  • 250 ml room

  • 1 vanieljepeul saadjies uitgekrap
    (of 5 ml vanieljegeursel)

  • 5 eiergele

  • 120 g (150 ml) strooisuiker


1 Bring die melk room en vanielje-
saadjies tot kookpunt oor matige hitte.
Klits die eiergele en strooisuiker saam
tot lig en romerig. Giet nou geleidelik die
warm melk by die eiermengsel terwyl jy
aanhoudend klits. Giet dan die
vlamengsel deur ’n sif in ’n skoon pot.
Plaas weer oor matige hitte en verhit
terwyl jy heeltyd stadig klits of met ’n
houtlepel roer. Hou so aan met klits

(5–8 minute) tot die mengsel die agterkant
van ’n houtlepel bedek.
2 Verwyder die mengsel van die hitte en giet
dit deur ’n sif. Sit dadelik die bak vla oor ys
om dit blitsvinnig af te koel en te keer dat dit
skif. Giet die yskoue vla in ’n vlak bak en sit
dit in die vrieskas; klits dit elke 20 minute
met ’n vurk om die yskristalle op te breek tot
die roomys deurgevries is. (Of gebruik jou
roomysmasjien.)

Tuisgemaakte vanieljeroomys


Desember 2017 tuis 63

Free download pdf