Tuis. 01

(Tuis.) #1

MOOI ÉN nuttig


DeurMarié Esterhuyse •Foto’sFrancois Oberholster

Grondbedekking
Portulacaria afra‘Green Carpet’ is ’n
geharde grondbedekking met ’n plat
groeiwyse. Dit vereis min onderhoud en
is ideaal om skuins dele en walle mee
toe te groei.
Heiningplant
Spekbome reageer goed as dit gesnoei word
en daarom is dit die ideale waterwyse
heiningplant. Plant steggies van sowat
30 cm lank in ’n ry omtrent 50 cm uit
mekaar. Sny die sytakkies gereeld met
ongeveer die helfte terug om die plant aan
te moedig om van jongs af meer takkies vir
’n digter heining te maak.

Marié Esterhuyse Ons eie spekboom maak van die wêreld ’n beter plek.


BronneWaterwise Gardening in South Africa and Namibiadeur Ernst van Jaarsveld;
Maak tuin saam met Keith Kirstendeur Keith Kirsten; plantzafrica.com

Dis net die
plant vir ’n
seetuin!

Jy kan spekbome ook
gebruik as:

Wenk
Kies ’n spekboom-
variëteit met ’n klein
blaartjie as jy ’n
bonsai wil maak.

O


ns weet almal dat plante die
vermoë het om koolstofdioksied
(koolsuurgas of CO 2 ) uit die
atmosfeer op te neem. Maar min mense
besef dat ons in Suid-Afrika ’n inheemse
plant het wat meer van dié kweekhuisgas –
die rede vir aardverwarming – as die meeste
ander plante absorbeer. Ons eie spekboom
van die Portulacaria-genus is doeltreffender
met CO 2 -opname as selfs die bome van ’n
tropiese reënwoud. Enigeen wat dié
boompie plant doen die wêreld ’n guns.
Spekboom met sy vetplantagtige blare is
waterwys en verg min onderhoud. En
makliker om te kweek kan jy nie vra nie
want selfs blare of stukkies van die plant
wat afbreek en op die grond beland sal
worteltjies maak.
Dit is dus maklik om jou eie plante te
maak met behulp van steggies: Breek net ’n
stukkie af en druk dit in grond wat met
kompos en beenmeel voorberei is. Hou die
plant aanvanklik goed nat. Sodra dit
gevestig is het dit minder water en aandag
nodig. Laat groei dit in ’n struik klein
boompie of heiningplant in jou tuin; dis ook
geskik as potplant en selfs as ’n bonsai.
Spekbome kom wydverspreid in die land
voor en is uiters aanpasbaar. Hulle aard
goed in ’n droë bedding sowel as in dele
van die tuin wat meer water kry. Goeie
pasmaats vir spekbome sluit in kerkei
(Crassula ovata en C. tetragona subsp.
robusta) suurnoors (Euphorbia ledienii)
Laeveld-noem-noem (Carissa bispinosa) en
die slaphoringaalwyn (Aloe speciosa).
Spekbome aard in die meeste grond-
soorte mits die dreinering goed is. Hulle dra
in die somer fyn pienk blomme en maak ’n
pragtige potplant. Spekbome blom beter in
hul eie habitat soos die Karoo of in droë
riviervalleie waar dit baie warm en droog is.
In tuine is ons geneig om die plante te nat
te hou en dan blom hulle nie.
Free download pdf