104 tuis Januarie 2017
Saamgestel deur Gillian Eva ⢠Fotoâs: Francois Oberholster en verskaf
Take vir
Maak dit jou Nuwejaarsvoorneme om
meer waterwys in jou tuin te werk.
Deur Kay Montgomery
Werk slim met water
As daar min reën val of waterbeperkings
in jou omgewing ingestel is is daar wel
maniere om dié kosbare hulpbron in jou
tuin te bewaar. Probeer dié wenke:
- Kies die regte plante Om volwasse
bome en struike te vervang sal net te veel
tyd en geld kos â laat hulle dus tydens
waterbeperkings voorkeur geniet. Die
meeste plante uit die winterreënstreek (soos
fynbos) en uit Mediterreense lande (soos
laventel) hanteer droë somers goed terwyl
plante uit die somerreënstreek meer gereeld
water sal moet kry. - Groepeer plante met soortgelyke
waterbehoeftes saam pleks van volgens
kleur of tekstuur. Plant dié wat die meeste
water nodig het naby die huis en in groot
potte op die patio. Groepeer eerder plante
met hoë waterbehoeftes saam in groot
potte pleks van in ân klomp klein potte en
hangmandjies. - Strooi ân deklaag ân Laag organiese
materiaal soos basstukkies kompos of
dennenaalde 8â10 cm dik sal vog in die
grond behou. Los ook blare wat op die
grond val as ân natuurlike deklaag rondom
struike. Deklae versmoor onkruid en keer
dat die wind jou grond uitdroog. Maak die
grond goed nat voor jy die deklaag strooi en
laat ân klein opening om die stamme. - Natmaak Vang in die somerreënstreek
reënwater in tenke op. Maak seker
die water bereik die wortels; as jy net
bolangs natmaak droog jou plante se
oppervlakwortels uit. - Belê in ân gryswaterstelsel sodat jy water
in jou tuin kan hergebruik. Gryswater kom
van die bad stort en wasmasjien (indien jy
bio-afbreekbare seep gebruik). Water uit die
kombuiswasbak is nie geskik nie omdat dit
vette bevat.
Strooi deklae.
Vang reënwater op.
Werk slim
met kleur
Gebruik dié trendy skakerings van die
onderskeie âKleur van die Jaarâ-palette
vanjaar in jou tuin:
- Dulux se kleur van die jaar vir 2017 is
Steel Symphony 2 ân veelsydige grysblou
wat perfek is vir potte en tuinmeubels boë
en priële. ân Grysblou muur vorm ook die
perfekte agtergrond vir die dofpienk
skutblare van Bougainvillea âNataliaâ.- Plascon se kleur van die jaar vir
2017 is In The Mood ân aardse grys
met ân skynsel pienk. Wanneer pienk
blomme tussen plante met grys loof
groei lyk dit warm en aanloklik en
verleen ân tikkie romanse aan ân tuin.
Plant Artemisia âPowis Castleâ met
sy silwergrys loof as ragfyn pasmaat
tussen pienk rose soos âHeritageâ
âSharifa Asmaâ en âJohannesburg
Garden Clubâ.
- Plascon se kleur van die jaar vir
Wenk van
die maand
Skep die illusie van
meer ruimte deur jou
tuin in âkamersâ te
verdeel met behulp
van muurtjies
heinings struike
latwerk en boë.
^ÆƵƵÆÅŶůÅÅÆŶÅŶÄÆƵÅŶÄÎÆƵÅÆÍÄŽÍnjÄ
Tuindagboek
Januarie
âSharifa Asmaâ