Tuis. 01

(Tuis.) #1

Januarie 2017 tuis 107


Hou oorgroeide


rose in toom


Tem jou rose


Take vir elke streek
Somerreënstreek As dit al gereën het sny
jou rose terug of dun die lote uit indien
dit te dig groei. Maak twee tot drie keer
per week goed nat bemes met Vigorosa
en spuit met Ludwig’s Insect Spray
gemeng met Chronos of Rose Protector
om swamsiektes en plae in toom te hou.
Maar moenie terugsnoei as dit nie reën
nie en daar waterbeperkings is. Maak nat
met gryswater en strooi deklae. Spuit met
Ludwig’s Insect Spray teen ligte infestasies
van rooispinnekop en ander plae.
Kaapse kusstreek Gebruik gryswater
terwyl vlak 3-waterbeperkings geld en volg

die raad hierbo. As die waterbeperkings
opgehef word kan jy rose met ’n goeie
blaarbedekking liggies snoei. Maak twee
tot drie keer per week goed nat bemes
met Vigorosa en spuit met Ludwig’s Insect
Spray om plae in toom te hou.
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Soos
in die ander streke hang jou roossorg af
van die reën. Rose kan op net ’n emmer
of twee water een keer per week oorleef.
Moenie dooie blomme afsny of die struike
snoei nie want dit sal hulle laat uitloop.
Indien dit goed reën bemes met Vigorosa
en spuit teen plae en swamsiektes.

Op tuis.co.za wys Ludwig hoe jy ’n
roos moet plant.

‘Purple Glow’


V: Ek wil my ‘Purple Glow’-roos oorplant maar
dis oortrek met knoppe. Is dit ’n probleem?
Dis baie beter om ’n gevestigde roos in
die winter te skuif wanneer die plant se water-
behoeftes minimaal is aangesien dit ’n paar dae
neem om nuwe haarwortels te maak. Dis nie die
beste idee om ’n ouer roos in die somer oor te
plant nie. Die wydverspreide wortelstelsel word
afgekap en die blare sal binne minute verwelk.
Die kanse is skraal dat jou roos in die nuwe
posisie sal groei. Jonger rose sal die proses ’n
bietjie beter hanteer solank jy dit met ’n groot
wortelbal met genoeg haarwortels uitgrawe. Sny
nietemin al die knoppe en groeipunte ’n week
voor die tyd af sodat die oorblywende blare
ontwikkel en nie verwelk wanneer dit opgegrawe
word nie. Maak die wortelbal baie goed nat en
plant dadelik oor.

V: Kan ons gebruikte teesakkies rondom ons rose
sit en sal dit skadelik wees as daar suiker by die
tee gevoeg is?
Gebruikte teesakkies is ’n uitstekende deklaag
en word mettertyd nuttige kompos. Suiker as sodanig
is nie plantkos nie – maar jou plante sal nie skade
opdoen as daar suiker-oorblyfsels in die teesakkies is
nie.

Teen Januarie toring hoog groeiende
rose al oor ons kop wat dit moeilik
maak om hul skoonheid te waardeer.
Een manier om dit weer ’n hanteerbare
hoogte te kry is om gesonde lote oor
twee of drie weke korter te sny.
Voor jy ’n loot korter sny maak
seker daar sal gesonde groen blare
onder die snit wees. Moenie ’n loot kaal
los nie; dit sal sonbrand opdoen en
doodgaan.
Sny die loot onder die beginpunt
van die boonste deel af. As jy na die
loot kyk sal jy duidelik sien hoe dit
sedert sy snoei in Julie gegroei het.
Moenie als op een slag snoei nie;
dit sal te min blare los wat dan die
sapvloei sal affekteer en die plant onder
druk plaas. Sny eerder ’n loot of twee
oor ’n tydperk van drie weke af; dit
verseker dat die sapvloei nie so erg
versteur word nie.
As jou hoog groeiende roos se
blare afval moenie terugsnoei nie – sny
eerder net liggies aan die boonste groei
knyp groeipunte af en snoei enige dooie
lote uit. Sodra die onderste lote
uitgeloop het en minstens vyf blare
aanhet kan jy tot net bo die nuwe
lote terugsnoei.
Hou in gedagte dat party rose
altyd hoog sal groei; jy kan nie ’n roos
dwing om iets buite sy aard te doen nie.
Om ’n roos terug te snoei is net ’n
tydelike oplossing. Indien jy per
ongeluk ’n lang roos voor ander korter
rose geplant het wag tot Junie en skuif
dit agtertoe in die bedding of na ’n
nuwe plek.

Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].

Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner vertel
wanneer jy rose moet verplant en gee
wenke oor hoe om oorgroeide rose te tem.
Free download pdf