Tuis. 01

(Tuis.) #1

106 tuis Januarie 2017


NUUT IN DIE KWEKERY

Anyshisop met sy heerlike drop-


geur mentagtige blare en spits


laventelblou blom-are staan ook


onder tuiniers bekend as


dropment.


Kweek dit so Dié geharde droogte-
bestande plant hou van volson en vrugbare
grond wat goed dreineer. Sodra dit
aangepas het groei dit vinnig; tot 50 cm
hoog en 40 cm breed. Gebruik dit agterin
’n bedding met Japannese anemone en
klokkiesblomme of in jou kruietuin saam
met knoffel-grasuie origanum en tiemie.
Dit blom einde somer tot in die herfs.
Gevestigde plante saai hulself maklik en
die saailinge plant maklik oor.
Wenk van die maand Plante vaar beter in
die wintermaande as hulle nie voor die
lente teruggesnoei word nie.
Het jy geweet? Bye en skoenlappers is mal
oor die blomme.
Algemene probleme Die plante kan
meeldou opdoen as dit te veel natgemaak
word of as grond nie goed dreineer nie.
Gebruike Die blomme lok bestuiwers na ’n
tuin; hulle droog ook maklik en behou hul
geur wat dit perfek vir potpourri maak.
Krummel die blomme en gebruik dit in
slaaie of maak ’n verfrissende kruietee van
vars of droë blomme en blare.
KONTAK healthyliving-herbs.co.za


Anyshisop
(Agastache foeniculum)

K R U I VA N
DIE MAAND

Tiarella ‘Appalachian Trail’ is ’n
spreidende grondbedekker met
kleurryke blare van verskillende
vorms asook mooi blomme.
Omdat dit so laag en sprei-
dend groei (10–30 cm hoog en
60–90 cm wyd) is dit ook geskik
vir hangmandjies en houers. Die
plant kan in volson of gedeelte-
like skadu groei en is gehard
en droogtebestand. Interessant
genoeg verander hul kleure en
patrone na gelang van die seisoen
en hoeveel lig dit kry. Gebruik
dit as plaasvervanger vir klimop
met ’n veel minder indringende
groeiwyse. Tiarella ‘Appalachian Trail’

Huisplant van die maand
Moenie jou laat flous deur dié fyn skoonheid nie! Die
Phalaenopsisstaan ook bekend as die “beginner se
orgidee” omdat dit so gehard is en maklik binnenshuis
groei. Hier is die geheim: Sit een keer per week twee
ysblokkies (ja ysblokkies!) bo-op die potgrond. Dis al
natmaak wat dié plant nodig het; terwyl die ys smelt syfer
die water stadig deur die grond. Die beste plek vir jou
orgidee? Helder indirekte lig (geen sonlig nie) en weg van
enige trekke. Dit sal tot vier maande lank blom dan kan jy
dit hou as ’n groen plant wat volgende jaar weer sal blom.

Tuis-hoogtepunt!


Mot-orgidee (Phalaenopsis)

’n Lus vir die oog
In die somer is baie van ons inheemse orgideë te sien
in woude langs strome tussen fynbos in graslande en
seisoenale vleie omdat hulle tussen einde Desember en begin
Februarie op hul mooiste blom. Dié plante groei in die grond
of epifities op struike of boomtakke. As jy daarin belangstel
om ’n inheemse orgidee te kweek moet jy gaan inloer by die
Wild Orchids Southern Africa (WOSA) -konferensie wat van
20 tot 22 Januarie op die Dunkeld-landgoed by Dullstroom
Mpumalanga gehou word. Die tema van die konferensie is
“Getting to Know Our Orchids” en jy kan ’n uitstappie na die
Verloren Vallei-natuurreservaat meemaak waar tot 55 spesies
orgideë opgeteken is. Besoek wildorchids.co.za vir meer
inligting oor die konferensie.

Foto’s

Duncan McFarlane

Bonatea
antennifera
blom tussen
Maart en
Mei.
Eulophia
clitellifera
blom tussen
Julie en
September.

Habenaria epipactidea
blom tussen Januarie
en Februarie.

Eulophia
bainsii
blom tussen
Augustus en
Oktober.

Habenaria
barbetonii
blom tussen
Februarie en
Maart.
Free download pdf