Tuis. 01

(Tuis.) #1

Grenadellablokkies


Dié heerlike blokkies moet nog effensfudgyaan die binnekant wees.


Genoeg vir een 23 x 23 cm-koek
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 45 minute



  • 100 g botter

  • 50 ml ligte bruinsuiker

  • 1 ekstragroot eier

  • 250 ml meel

  • 5 ml bakpoeier

  • 180 ml amandelmeel

  • 45 ml klappermelk
    BOLAAG

  • 150 g botter

  • 200 ml bruinsuiker

  • 50 ml heuning

  • 30 ml grenadellapulp

  • 1 ekstragroot eier

  • 100 ml roomkaas

  • 5 ml vanieljegeursel

  • 200 g frambose

  • versiersuiker
    vir garnering


1 Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n vierkantige
koekpan van 23 x 23 cm met bakpapier uit. Klits die botter
en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits
tot gemeng. Voeg die meel bakpoeier amandelmeel en
klappermelk by en klits tot net gemeng. Smeer die beslag
onder in die voorbereide pan.
2 Vir die bolaag Klits die botter suiker en heuning saam
tot goed gemeng. Voeg die res van die bestanddele
behalwe die frambose by en klits tot net gemeng. Skep
lepels vol bo-op die onderlaag en smeer gelyk. Strooi die
helfte van die bessies oor en bak vir 40–45 minute tot die
bokant mooi bruin is om die rande. Laat heeltemal afkoel
en sny in blokkies. Strooi die ekstra frambose oor
en sif ’n bietjie versiersuiker oor. Tuille-
skoenlappers rond die prentjie
pragtig af.

110 tuis Januarie 2017

Free download pdf