Tuis. 01

(Tuis.) #1

130 tuis Januarie 2017


agterblad


Riana Scheepers het nie net goeie vooruitsigte


vir 2017 nie maar sommer vir die volgende sewe jaar!


Sy vertel hoekom ...


Die sewe bruide


’n Droom wat ek al baie jare lank koester
het onlangs waar geword: ’n Besoek aan
Rusland. My aanvanklike droom oor hierdie
magtige land was ’n tiener-fantasie romanties
en heeltemal onrealisties. In my geestesoog is
ek op ’n treinreis deur Rusland se oneindige
steppe. Ek is brandmaer en beeldskoon met
hoë Slawiese wangbene. Om by hierdie
eksotiese voorkoms te pas het ek lang rooi
naels ’n elegante sigaretkoker (al rook ek
nie) en ’n hoed met swart Chantilly-kant wat
misterieus oor my oë getrek is. Ek is tragies
en beeldskoon nes Tolstoi se onvergeetlike
karakter Anna Karenina. Tydens hierdie reis
deur die sneeu lees ek Anna Achmatowa se
poësie en staar melancholies na die
sneeulandskap buite. Daar is geen
aantreklike Rus in hierdie verbeeldingsvlug
nie want as tiener het ek die stereotipe idee
gehad dat alle Russiese mans wreedaards en
skurke is.
Tragies was my werklike reis toe
allesbehalwe. Ek het met ’n boot van Moskou
tot in Sint Petersburg gevaar en by al die klein
gehuggies op die oewer van die Wolga
afgeklim. Dit was beslis nie ’n melancholiese
ervaring nie maar ’n opwindende reis wat my kultureel verruk en
verryk het. Die musiek van donker monnikestemme in skemer
katedrale die verbluffende meesterwerke in die Hermitage die
stil ikone in die klein kerkies op die platteland ... my kop het
geduisel. Geen mens kan die omvang van hierdie komplekse
land met een besoek begryp nie. Ek sal wil teruggaan maar sal
dit ooit gebeur?
Die kultuur van ’n land bestaan nie net uit die groot kunswerke
en ’n ryk geskiedenis nie. Dit bestaan ook uit die alledaagse
dinge die bygelowe en die mites van die gewone mens. Iets wat
my gou opval van die Russe is dat huwelike nie vir die naweek
gereserveer word nie. Enige dag van die week sien ek paartjies in
bruidsklere. ’n Toergids sê terloops: As jy sewe bruide op een dag
sien dan hou jou geluk vir sewe jaar. En as jy ’n besoeker is sal
jy weer terugkom na hierdie pragtige onverbiddelike land.
Nee kyk só ’n geleentheid kan ek nie laat verbygaan nie. As
ek sewe bruide sien gaan ek weer die kans kry om hier te wees.
Én ek gaan sewe jaar gelukkig wees! Ek begin my oë oophou vir
die wit wasigheid van ’n trourok. En ek sien hulle wel. Die bruide [email protected]

Riana


verskyn onverwags; in ’n park op straat
in ’n winkelsentrum. Ek sien ’n wasige
wit rok mooi skouers elegante skoene
die flits van ’n klein diamant aan ’n
ringvinger. Elke dag sien ek drie of vier
... maar nie sewe nie. In Moskou sien ek
op ’n Donderdag vyf bruide die een so
pragtig soos die ander want die Russiese
vroue is móói. Maar ek soek vergeefs na
bruid nommer sewe.
In Sint Petersburg begin ek weer soek
en tel. Elke dag maak hulle hul vlietende
verskynings die bruide in wit en
verdwyn weer sonder om die magiese
getal te haal wat my terugkeer en my
sewejaar-geluk sal bepaal.
Op ons laaste Sondag in Sint
Petersburg is daar vroegoggend ’n bruid
saam met ons in die hotel se
ontbytkamer. Bruid nommer een! Ons
stap uit en daar op straat is bruid
nommer twee mét haar bruidegom aan
die hand. Ons stap oor ’n plein en ek
sien bruid nommer drie ’n fotograaf
neem haar af. In die bus op pad na
Pushkin sien ek die vierde bruid in ’n
park. Dit is ’n vlietende oomblik maar ek sien haar wel.
Ons besoek die asemrowende paleis van die Peterhof en die
uitgestrekte tuine. Voor een van die vonkelende fonteine staan
sy ’n pragtige prentjie in wasige wit bruid nommer vyf. En kort
daarna in die laan in diep koelte is bruid nommer ses. Sy stap
met haar gevolg in die lang laan af ’n somervisioen. Ek hou my
asem op. Ek kyk in alle rigtings; ek soek na bruid nommer sewe.
Maar skielik het alle bruide van die aardbol verdwyn.
Dit word tyd om te vertrek. Op pad na die paleispoort is ’n
klein kapel onder groot bome effe weggesteek. Ek breek weg
van my geselskap vir oulaas wil ek luister na die stilte van ’n
kapel. En daar vind ek haar my sewende bruid. In haar pragtige
rok op haar knieë voor die altaar hande gevou.
Ek verlaat die kapel sonder dat sy weet ek was daar. Ook ék
bid vir haar geluk sonder om op my knieë te gaan.
Ek weet: Ek kom terug. En ek is gelukkig.

Illustrasies

Paula Dubois

van Sint Petersburg

Free download pdf