Tuis. 01

(Tuis.) #1

’n Reusesukses


Linda en Almarie is lief vir tuinmaak en oor die afgelope twee jaar het hulle
die tuin omskep van ’n oorgroeide deurmekaarspul – en ’n stortterrein vir
bourommel – tot ’n ware lus vir die oog. “Ons roostuin is ons trots en
vanjaar is die blomme regtig iets om te aanskou!” sê Linda. Dié deel van die
tuin was die laaste waaraan Linda en Almarie gewerk het nadat die bouers
eindelik weg was. Hulle het verlede jaar vir die Knysna-roosskou ingeskryf
en twee pryse opgeraap. “Ons was so ingenome met hoe ons roostuin
gevorder het” sê Linda trots. >>


Die draadskape Sheila en Barbra (bo) is by ’n
handwerkmark op Sedgefield gekoop. ’n Skaduryke
sitarea (heel bo) met ’n perskepit-vloer is reg onder
een van die twee vyebome in die tuin. “Hier kom elke
jaar Inkalelies op; dis altyd so mooi om te sien hoe
hulle hul nekke rek op soek na die son” sê Linda.
Tafel en stoele van Stodels

Januarie 2017 tuis 33

Free download pdf