Stylvol langs die water
Linda en Almarie het eenderse dekorstyle
insluitend ân voorliefde vir blou. âOns vriende terg
ons altyd oor al die skakerings van blou in ons huis
- selfs ons troudekor het heelwat variasies van dié
kleur ingesluit!â sê Almarie laggend.
Die dekor in die huis is geïnspireer deur Cape
Cod-huise met hul wit interieur en speelse kleur-
aksente. Die paartjie hou daarvan dat hul huis
soos ân vakansieplek voel; dat hulle by ân gewilde
vakansiebestemming woon dra net by tot die
feestelike gevoel.
âOns hou van die besige én rustige tyeâ sê
Linda. âWanneer al die vakansiegangers huis toe
gaan is ons bly dat ons klaar tuis is.â >>
Linda en Almarie het self die strepe
(die grys is Dulux Night Jewels 5) teen
die muur geverf met behulp van ân
reguit plank en maskeerband. Met die
Victoriaanse pootjiesbad teen ân hoek
by die ingang van die badkamer voel dit
amper of jy in die slaapkamer bad!
Hanglampe van African Affair;
blomkwilt van Ariella