Tuis. 01

(Tuis.) #1

Rustig saam


Soos dit met vakansies gaan draai die Smutse se saamwees in
’n groot mate om kosmaak en lekker eet. “Met ontbyt word die
kombuisluike oopgeskuif vir ’n binne-buite-saamkuier oor somer-
vrugte soos perskes appelkose lietsjies en waatlemoen. Vir
middagete haal ons ’n vars broodjie uit die oond – hier sit ons
mos ver van die supermarkte en winkels!” verduidelik Madeleine.
Johan sê dit gebeur selde dat aandete nié ’n saamkokery om
die buitevuur is nie. “Dit is ingerig soos ’n kampvuur met stoele
rondom en is lekker beskut deur die melkhoutbome teen die
wind. Dis nie ongewoon dat daar tot drie verskillende geregte oor
die kole berei word nie.”
Die gesin is lief vir die buitelug en hul leefstyl weerspieël dit.
Op Vleesbaai kan hulle die strand en see geniet maar hulle hou
ook van fietsry draf en roei.
En ná inspan – al is die hóé lekker – kom ontspan. “Tussen
die bome word hangmatte uitgehang en daar geniet ons lang
middagslapies met ’n boek vergete in die hand” sê Madeleine.
Dit is heel gepas dat die huis se naam See-Lah is – ’n
woordspeling op die Bybelse term “selah” wat meestal in die
Psalms gebruik word om ’n ruspunt aan te dui. “Dit beteken
‘wag en dink daaroor’” sê Johan. En dit pas presies in by die
Smutse se filosofie om in Vleesbaai tot rus te kom en die lewe in
oënskou te neem.


Die watertenk buite wat
“vermom” is as ’n silo. Die tenk
is bo en onder ’n buitestort.


Die huis se afwerking buite-
om is plek-plek bakstene
wat met sement “gewas”
is en omrandings bedek
met growwe Earthcote-
sementverf.

Die tuin vra die minimum onderhoud danksy al die inheemse en
geharde plante; by die voordeur verwelkom laventel (heel bo regs)
besoekers met hul lieflike geur. Die melkhoutbome keer die wind
van die buitevuur af (bo regs).

VERSKAFFERS African Affair 044 343 1008 africanaffair.net
Arabesque 079 200 8338 Arc Lighting 021 981 0539 arclighting.co.za

44 tuis Januarie 2017

Free download pdf