Tuis. 01

(Tuis.) #1
‘
N

ee. Onder geen omstandighede
nie” was Martie Koegelenberg
se intuïtiewe reaksie toe haar
man Gert vroeg in 2013 bel met die nuus:
“Bokkie ek gaan vir ons ’n bus koop.”
Einde van die debat of so het Martie ’n
DA-raadslid op Caledon gedink. Sy lag as
sy onthou hoe Gert ’n kwartier later weer
gebel het: “Engeltjie ek het toe maar die
bus gekoop dit was ’nbargain.”
Gert se kreatiewe oog kon maar net nie
die voos geroeste ou skoolbus miskyk waar
dit gehawend langs Botrivier Steenwerke
gestaan het asof dit sy laaste aftrekplek is
nie. Gert is immers ’n raakvat-entrepreneur
wat heerlike bokmelkkaas en rooiwyn maak
en regte egte plaasbrood bak en het sy eie
elektriese kontrakteursmaatskappy.
Hy vertel: “Die vraprys was R38000 en
ek kon vinnig R10000 bymekaarskraap. Ek
het vir die eienaar gesê dis my deposito; as
ek nie môre terugkom met die res nie is die
R10000 syne.
“Ons het skaars die ding so afgespreek
en toe sommer nog ’n bietjie afslag ook
beding toe stop daar ’n ou met ’n bakkie in
’n stofstreep en bied R40000 aan vir die
bus. Maar die eienaar het voet by stuk
gehou – die bus is myne vir R35000.”
Toe Martie besef die koeël is deur die
kerk en hulle is die eienaars van ’n
1978-Bedfordbus wat Gert reken “in ’n
goeie lopende toestand” is het sy gou die
potensiaal van ’n mobiele vakansiehuis
gesien en begin droom van idilliese toere en
’n mooi leefruimte binne.
Maar dit sou nog heelwat moeite (en
geduld) kos ...

Die vloer is teen roes behandel
en met glasvesel herstel. “Toe
het Gert heel eerste die soliede
bamboesvloerplanke ‘ingevloek’”
lag Martie. “Dit was een van
ons grootste uitgawes; dit kan
kondensasie hanteer sonder om
skeef te trek.” Die kunsvolstruisleer
op die instrumentpaneel(onder)
verskaf ’n tikkie Karoo-flair. “Dis
prakties weens die son hitte en
vog waaraan die paneel blootgestel
word” sê Gert.

Toffie die Beagle is
deesdae ’n gesoute
48 tuis Januarie 2017 buspassasier.

opknap ƌĞŐƌƵŬŵĞƚŇĂŝƌ

Free download pdf