Tuis. 01

(Tuis.) #1
Foto’s geneem by

Khomeesdrif-kampterrein (028 261 1995 khomeesdrif.co.za)

Bakwerk strukturele
werk en verf^25000
Vloer^9770
Kaste beddens en
staalrame^15000
Wasbak stoof
warmwatersilinder
toilet en drukpomp 30866
Elektriese bedrading
wisselrigter (“inverter”)
en sonkrag^7500
Stoffeerwerk en gordyne 4500
Huishoudelike ware^3000
Meganiese herstelwerk 25000
(Koopprys van R35000 nie ingesluit nie)

Koste


Uit hul


notaboek


Gerief kraai koning


Al die planne vir binne is deeglik deurdink
en deurgewerk oor etlike glase van Gert se
tuisgemaakte merlot. Martie vertel:



  • Gert het staalrame vir al die beddens en
    kaste gemaak sodat dit stewig is wanneer ons
    oor ruwe terrein toer.

  • Elektrisiteit is Gert se spesialiteit en die bus
    spog met vele kragpunte vir USB- twee- en
    driepuntproppe. Die dakliggies was ’n
    uitdaging weens die beperkte ruimte tussen
    die plafon en die staaldak maar Gert het lank
    gesoek vir pragtige individuele LUD-liggies en
    dit netjies geïnstalleer.

  • Die miniatuur-warmwatersilinder werk met
    gas 12 volt en 220 volt. Ek kamp in styl met
    warm water in my kombuis en badkamer
    waar ek ook al is. Vir stort slaan ons ’n
    afskorting op. Ons kan die badkamer se
    wasbakkraan uittrek buite die bus aan die
    venster haak en in privaatheid warm stort.

  • Die bus het ’n stel diepsiklusbatterye en ’n
    wisselstroom-omskakelaar. Die batterye kan
    met die enjin se alternator gelaai word of met
    behulp van ’n sonpaneel wat ons sommer
    teen die naaste boom staanmaak. Die
    batterye kan maklik ’n dag lank krag voorsien
    aan die yskas ligte en waterdrukpomp sonder
    dat dit herlaai moet word. Al die elektriese
    toerusting is so gekies dat dit met die
    sonkragstelsel kan werk.


Totaal:
R120636

VERSKAFFERS
Pick n Pay0800 112 288 picknpay.co.za
Woolworths0860 022 002 woolworths.co.za

Hoewel Martie vuur en vlam was vir
mooimaak was die bus se raamwerk
erg verwaarloos en voos en die vloer so
te sê deurgeroes. Dit moes eerste
aandag kry.
“Voordat ons enigiets kon doen
moes Gert seker maak die bus is
waterdig roesvry en struktureel
gesond. Dít was op sigself ’n avontuur.
Ons het almal ingespring en gehelp
selfs Gerrit wat toe maar agt jaar
oud was.
“Die opknapwerk sou drie maande
neem” onthou Martie. “Geen drama of
probleem volgens my baie bekwame en
talentvolle man nie.” Maar uiteindelik
het dit 18 maande van omvattende
meganiese herstelwerk roesverwy-
dering en spuitverfwerk en die inrig
van die binneruimte geword.
Intussen het die bus ’n bynaam
gekry – Wange ’n verwysing na die
voorwiele se kenmerkende Bedford-
rondings – en Gert sy kode 10-rybewys.
Gert het al die meganiese herstel-
werk gedoen en Wange se ADE
Mercedes 352-enjin is nou so goed
as nuut.
“Die enjinblok krukas en oliebak is
al wat van die oorspronklike enjin
oorgebly het” vertel Gert wat ook die
spuitverfwerk saam met twee vriende

gedoen het. Al waarmee hy
professionele hulp gehad het was die
opknap van die enjin se subsamestel
en die voorbereiding vir die
spuitverfwerk.
Met al die noodsaaklike herstelwerk
agter die rug kon Gert en Martie die
bus vir hul behoeftes begin inrig.
“Kwotasies vir ingeboude kaste en
meubels was eenvoudig buite ons
begroting en Gert het hiermee ook self
ingespring” vertel Martie. “Ek het my
wit eenvormige Sweedse leefruimte
gekry al was die projek op die ou einde
’n saak van gebed” sê Martie. “Die
gebede het meer oor my eie geduld as
oor enigiets anders gegaan...”
Hul eerste wegbreek met die bus
was in September 2015 Struisbaai toe.
Gert het nie gejok toe hy gesê het die
bus is ’nbargainnie. Wange is nou vir
R350000 verseker – meer as dubbel
die aankoop- en herstelkoste.
“Vir my is die lekkerste dat ons kan
gaan staan waar dit vir ons mooi is en
dat ek my eie huis het waar ek ook al
is met my eie emalje en mooigoed”
sê Martie. “Met elketripskep ek my
eie wêreld.
“Dit sou nie dieselfde gewees het as
ons iemand betaal het om die
opknapwerk te doen nie.”

Eers heelmaak dan mooimaak


Gert moes groot dele van
die staal-panele vervang
en gevolglik is die vensters
uitgehaal; hele kantpanele en
rubberseëls is ook vervang.

50 tuis Januarie 2017


Voor

Free download pdf