Tuis. 01

(Tuis.) #1
Koel en kalm
’n Waterelement – hetsy ’n jacuzzi of plonspoel – is ’n wonderlike manier om
warm somerdae te benut. En die kalmerende klank van lopende water is een
van die beste maniere om ’n rustige eilandgevoel te skep. “Daar’s min dinge so
lekker soos om op die stoep uit te span met ’n yskoue glas wyn en in die jacuzzi
af te koel” sê Andrea Wandel ’n gebore Duitser en gesondheidspraktisyn wat
dié huis op Somerset-Wes met haar drielingsuster Marion deel.
“Ons welige tuin maak die jacuzzi lekker privaat en oor die vakansietyd
wanneer ons ander suster Claudia en vriende kom kuier bring ons die meeste
tyd hier deur en vermy plekke wat wemel van toeriste.”

4


Andrea en Marion se dek
front noord maar teen
laatmiddag gooi ’n groot
kurkeik (Quercus suber)
welkome skaduwee. Die
tipiese Cape Cod-styl van die
huis en die aardse afwerking
versterk die vakansie-gevoel.
Dek ontwerp en gebou deur
Home Concept; mandjie van
Loads of Living; handdoeke en
bykomstighede van Woolworths

*Vakansiegees
In die lig van die droogtekrisis
is ’n bedekking wat verdamping
voorkom onontbeerlik.
Free download pdf