Tuis. 01

(Tuis.) #1

72 tuis Januarie 2017


1


4


2


5


3


6


Stap vir stap...


PROJEKGIDS
Harde werk 1/10
Vaardigheidsvlak 2/10
Tyd nodig 2 uur
Maak dit self vir ± R305
(melkkan R200 spons R25
lap R60 watteersel R20)

Trek die vorm van die spons op die
spaanderbord af en saag dit met die
figuursaag uit.

Plak die spons aan die spaanderbord
vas met die kontakkleefmiddel. Knip die
watteersel sowat 120 mm groter as die
deursnee van die spons.

Knip ’n 120 mm-strook oor die breedte
van die lap uit. Knip ook ’n sirkel 15 mm
groter as die spaanderbord wat jy in
stap 1 gesaag het.

Sit die spons in die middel van die
watteersel neer met die spaanderbord
bo. Vou die watteersel oor die
spaanderbord en kram vas.

Steek die lapstrook met spelde aan die
sirkel vas – regte kante teen mekaar en die
omboorsel tussenin. Stik vas met jou
masjien se ritsvoetjie. Werk die twee ente
van die strook aan mekaar vas.

Trek die oortreksel oor die sitplek en kram vas.
Sny ekstra watteersel af. Sit ’n waster oor die
ringe alkant van die melkkan en skroef dan die
kan aan die sitplek se basis vas.

Wat jy nodig het
INKOPIELYS


  • ou melkkan

  • 05 m lap van jou keuse

  • omboorsel in ’n
    kontrasterende kleur

  • ronde 60 mm-hoëdigtheid-
    spons 320 mm in deursnee

  • afvalstuk spaanderbord

  • kontakkleefmiddel

  • 1 m watteersel

  • twee 4 mm x 40 mm-
    selfsnyskroewe

    • twee 5 mm x
      20 mm- plat wasters




GEREEDSKAP


  • naaimasjien

  • figuursaag

  • skroewedraaier

  • maatband

  • skêr

  • kramgeweer

  • spelde


PROJEK # 1


Melkkan-stoeltjie

Free download pdf