Tuis. 01

(Tuis.) #1

doen dit self


1


4


2


5


3


6


Stap vir stap ...


PROJEKGIDS
Harde werk 1/10
Vaardigheidsvlak 1/10
Tyd nodig 2 uur
Maak dit self vir ± R350
(emmer R100 stopsel R30
lap R60 watteersel R20
pote R140)

Trek die basis en bokant van die emmer
op die spaanderbord af en saag die twee
sirkels met die figuursaag uit – elkeen
sowat 8 mm kleiner as die afgetrekte lyn.

Sny die watteersel sowat 120 mm groter as
die groter spaanderbord-sirkel. Plaas ’n
groot bal kussingstopsel in die middel van
die watteersel met die spaanderbord bo-op.

Rangskik die drie pote eweredig uit mekaar
op die kleiner spaanderbord-sirkel en skroef
vas met die langer skroewe. Dit vorm die
basis van die stoeltjie.

Vou die watteersel oor die spaanderbord en
kram vas.

Boor gate deur die emmer se boom plaas
die emmer op die basis en skroef dit aan die
houtbasis vas.

Wat jy nodig het
INKOPIELYS


  • ou blikemmer

  • 05 m lap van jou keuse

  • afvalstuk spaanderbord

  • 1 m watteersel

  • kussingstopsel

  • 3 mm x 30 mm-
    selfsnyskroewe

  • 4 mm x 20 mm-
    selfsnyskroewe

  • drie gedraaide pote van
    sowat 150 mm hoog

    • oorskietverf in die
      kleur van jou keuse




GEREEDSKAP


  • figuursaag

  • skroewedraaier

  • skêr

  • kramgeweer

  • verfkwas

  • boor en 4 mm-
    boorpunt


Sit die opgestopte sitplek op die lap neer
en sny die lap sowat 100 mm groter reg
rondom. Vou die lap oor die sitplek en kram
vas. Sit die sitplek in die emmer se opening.
Verf die pote in die kleur van jou keuse. >>

Bal kussingstopsel


PROJEK # 2


Emmer-stoeltjie

Free download pdf