Tuis. 01

(Tuis.) #1
INKOPIELYS


  • twee 1 000 x 500 mm-blaaie gelamineerde
    dennehout (sitplek en rugleuning)

  • 22 x 69 mm- geskaafde dennehout in die
    volgende lengtes:
    twee 1 000 mm (sitplekraam)
    twee 450 mm (sitplekraam)
    twee 650 mm een ent haaks en die ander
    ent skuins gesaag teen 15º (armleunings)
    twee 700 mm (afronding)
    twee 670 mm (afronding)
    twee vullerplanke albei ente skuins
    gesaag teen 15º

  • 22 x 95 mm- geskaafde dennehout in die
    volgende lengtes:
    twee 700 mm (voorste pote)
    twee 725 mm albei ente skuins gesaag
    teen 15º (agterste pote)

  • 22 x 4 4 mm- geskaafde dennehout in die
    volgende lengtes:
    drie 1 000 mm (rugleuning-raam en -stut)
    twee 450 mm (rugleuning-raam)

  • een pakkie 6 mm x 40 mm-
    spaanderbordskroewe

  • houtvuller

  • 150-grint-skuurpapier

  • vernis of verf


Projeknotas



  • Onthou om gidsgate te boor.

  • Laat saag al die stukke hout
    pasklaar by jou naaste
    houthandelaar – dit sal jou taak
    aansienlik vergemaklik.


GEREEDSKAP


  • koordlose boor en 3 mm-
    boorpunt

  • twee houtklampe

  • maatband

  • potlood

  • figuursaag

  • kwas

  • skraper


1 Maak die sitplekraam deur die twee 450 mm-lengtes (22 x 69 mm- geskaafde dennehout)
tussen die ente van die 1 000 mm-lengtes vas te skroef. Maak die rugleuning se raam net
so maar gebruik die 22 x 44 mm-planke. Plaas die sitplekraam en die rugleuningraam op
die twee 1 000 x 500 mm- gelamineerde dennehoutplanke en merk jou gidsgate. Boor en
skroef dan die sitplek en rugleuning onderskeidelik aan die rame vas.

2


2 Meet 600 mm van een ent van jou werkblad en trek ’n potloodlyn haaks van die rand af
oor die blad. Meet en merk nou 450 mm van die rand af op dié potloodlyn en trek ’n lyn
haaks na die ent van die blad (sien bo). Plaas die 22 x 95 x 700 mm-plank (voorste poot) op
die eerste potloodlyn en plaas die 22 x 95 x 725 mm-plank (agterste poot) skuins uit die
hoek van die werkblad oor die tweede lyn. Skroef die sitplekraam onder die 450 mm-merk
aan die pote vas. Sorg dat die kort raamsye gelyk is met die voor- en agterkant van die
onderskeie pote. Herhaal aan die ander kant van die sitplekraam.

PROJEK# 3


600 mm

450 mm

74 tuis Januarie 2017


Stap vir stap...


Wat jy nodig het


Bankie


1


PROJEKGIDS
Harde werk 6/10
Vaardigheidsvlak 6/10
Tyd nodig ± 3 tot 5 uur
(verf uitgesluit)
Maak dit self vir
onder R800 (hout en
skroewe)
Free download pdf