Tuis. 01

(Tuis.) #1

Januarie 2017tuis 77


WAT JY NODIG HET


  • verf in Paris Grey English
    Yellow en Provence (opsioneel)

  • groot ovaal kwas met
    natuurlike hare

  • dik huishoudelike bleikmiddel

  • skoon droë lappies

  • latekshandskoene

  • mengstok • skraper

  • Clear Wax • kwas vir die was

  • Dark Wax • Black Wax

  • White Wax


1


5


2


6


34


78


So maak jy...


Haal die verfblik se deksel die
aand voor die tyd af sodat die
verf lekker kan verdik. Gebruik
die ovaal kwas en wend Paris
Grey in dik oneweredige lae oor
die hele meubelstuk aan. Dit sal
’n ruk neem om droog te word.

Wag tot die verf droog is en drup
die bleikmiddel plek-plek daarop.
Jy kan ook ’n skoon lap gebruik
om die bleikmiddel aan te wend.
Wees versigtig; dit kan jou vel en
klere beskadig – sorg dat jy
latekshandskoene dra.

Gebruik ’n lappie om van die
bleikmiddel te absorbeer. Dit
sal ook van die oortollige verf
verwyder.

Hoe langer jy die bleikmiddel
aanlos hoe meer verf verwyder
dit (dit sal wel mettertyd uitdroog
en as jy dit dan probeer afskraap
sal dit ’n ander soort merk los).

Skraap die oppervlak liggies met
die punt van ’n mengstok – hou
dit teen 45 grade vas – en werk
só dat die hout plek-plek wys.
Maak verskillende merke deur
harder en sagter met die stok te
druk.

Wend die English Yellow met die
ovaal kwas aan maar moenie
die hele oppervlak bedek nie.
Die verf behoort dik te wees
maar werk liggies sodat dit net
op die oppervlak sit. In dié
stadium het ek hier en daar
soos aan die onderste deel en
die randversierings ook ’n titsel
Provence aangewend.

Terwyl die verf nog besig is om
droog te word gebruik die rand
van die mengstok om van die
English Yellow af te krap; druk
hier en daar lekker hard. Hoe
harder jy druk hoe meer verf krap
jy af. Smeer dié dik verf dan aan
dele wat met Paris Grey bedek is.
Dis amper soos om met ’n
paletmes te werk.

Gebruik die skraper om nog
meer van die lae te ontbloot. Dis
veral nuttig wanneer die verf al
droog is maar nog nie hard nie.
AFRONDING Wend oraloor Clear
Wax aan en vee oortollige was
met ’n lap af. Ek het toe plek-
plek Dark Wax en Black Wax
aangewend met White Wax
oraloor om die effek van die
donkerder was te versag.

NNIE VERTEL “Soms kom ek af op ou afgeleefde meubels veral laaikaste met lae en
ae verf; dikwels is die nuutste laag ’n moderne helder kleur. Dit lyk amper asof iemand
ie verf wou afskraap en toe halfpad deur tou opgegooi het want al die verskillende kleure
is sigbaar. Ek hou baie van dié ‘toevallige’ lae merkies hier en daar en titsels kleur wat deurslaan.
“Dit verskil heelwat van die subtiele verweerde voorkoms van ou meubels wat in rustiger kleure
geverf is. Die helder kleure gee dit meer oemf en trefkrag. Ek hou veral daarvan as taamlik sterk kleure
gebruik is; dalk het dit iets te doen met my liefde vir moderne abstrakte skilderkuns.
“Dié ou laaikas met sy mahonie-fineerlaag was in ’n treurige toestand en vir die ashoop bestem
omdat groot dele van die fineer besig was om af te dop te kraak en op te lig. Dit het kapplekke en
sigaretbrandmerke gehad en van die randversierings het afgeval. Die kas moes op sy dag ’n pragtige
meubelstuk gewees het en nadat ek die fineerlaag plek-plek gelig en weggesny het en ’n bietjie
houtvuller aangewend het was dit gereed vir ’n laag verf of twee. Ek het dié metode ontwikkel deur met
die verf te eksperimenteer en ’n kombinasie van tegnieke te gebruik insluitend kwaswerk bleikmiddel
om die verf te verdun skraapwerk en was vir ’n wonderlik rustieke patina in die pakhuis-styl.”

Free download pdf