Tuis. 01

(Tuis.) #1

78 tuisJanuarie 2017


raad


Soek jy raad om jou lapa op te kikker? Wil jy ’n spieëlraam verf of


speldekussings oorplant? Vra net – ons kry die antwoorde.


Saamgestel deur Kim Arendse

Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer.

Stuur jou vrae na [email protected]

Vra die kenners


Isabel Barends
an Love Lemon
nteriors en Liza
ouw van Paint
ffects antwoord
ie eerste stap is om
ntslae te raak van
lles wat nie tot die
uimte se atmosfeer of
oel bydra nie. Indien
kan bou die lapa
e met stapeldeure
n vensters. Dit sal
enoeg lig inlaat en
ie stof uithou sodat
mer kan gebruik.
Verf dit mooi


  • Vir ’n moderne baadjie kan jy die stene
    toepleister en in een van die volgende
    skakerings verf: Dulux Sultana Spice 3
    (’n sanderige ligbruin) sal die lapa ’n
    neutrale voorkoms gee. Gebruik helder
    kleure in jou bykomstighede om die area
    op te kikker. As jy ’n bietjie meer wil
    waag oorweeg Plascon Tibetan Cloak (’n
    trendy donkergrys). Gebruik lanterns
    kerse en sandkleurige meubels vir
    kontras teen die grys agtergrond.

  • Jy kan ook net die bakstene verf: Maak
    dit deeglik skoon en wend ’n universele
    onderlaag aan gevolg deur ’n laag
    Plascon Wall & All in ’n neutrale kleur
    soortgelyk aan die opsies hierbo.
    Oorweeg ook om die plafonbalke te verf
    wat die lapa ruimer sal laat voel en
    pragtig teen die strooidak sal lyk.

  • Dis goedkoper om die vloer te verf as
    om teëls te lê; kies ’n warm sandkleur of
    skakering van grys.
    Vir die dekor

  • Verdeel die lapa in twee dele met ’n
    eetkamertafel en -stoele aan een kant en
    ’n koffietafel met rusbanke naby die vuur
    aan die ander kant. Anker dié deel met


’n Gesellige ruimte
Tessa Smith van Winburg skryf
Ons ou lapa het ’n bêreplek geword
en ek wil dit graag weer gebruik vir
onthaal veral omdat dit wonderlik
koel in die somer is. Ek wil ’n
moderne voorkoms met ’n tikkie
vintage-styl hê; ek wil ook die mure
verf maar is nie seker watter kleur
nie. Die vloer is lelik en ek weet
nie of ek dit moet teël of verf nie.
Winburg het ook baie ongeteerde
strate so ons sukkel verskriklik met
stof – ons moes selfs ons swembad
bedek! Ek sou enige praktiese
bekostigbare raad waardeer; ek wil
so graag ’n gesellige kuierarea skep.

Tessa se lapa


Isabel

Liza

Ons is dol oor Thys en Colette du Plessis
se lapa in Bloemfontein (bo en oorkant)
wat in Tuis Werf 2015 verskyn het. Hulle
het die ruimte met groot sukses in
verskillende funksionele sones verdeel.

’n groot vintage-mat of oorweeg ’n wasbare
buitemat van Hertex.


  • Bring kleur in met kussings in die vintage-
    styl op die banke en ’n treffende tafeldoek
    of -loper. Stoffeer die eetkamerstoele se
    sitplekke ook met vintage-lap.

  • Hang ’n oorgroot gietyster-kandelaber in
    die middel van die vertrek of hang lanterns
    met feetjieligte uit die dak.

  • Vetplante in kleurvolle potte sal die area ’n
    tikkie aardse styl gee.

Free download pdf