Tuis. 01

(Tuis.) #1
In een van Sally se “tuinkamers” het
sy ’n woudjie van luiperdbome geplant.
Die trapklippe word omring deur gruis.

92 tuis Januarie 2017


Van voor af
In 2011 het Sally en haar lewensmaat Pierre
Roode na Heidelberg verhuis waar hulle ’n
dekorwinkel Inspired langs die N2 begin het.
Sally het dadelik op die ruim erf ingespring en
op haar eie begin om die lushof te skep wat
vandag hier te sien is.
Sy het aanvanklik alles alleen gedoen en
eers ses maande gelede ’n helper in diens
geneem. Vandag help Samuel Square haar
die swaar kruiwa teen die bulte uitstoot.
“Die groot bome in die voortuin met die
ellelange oprit en die twee reuse-akkerbome
het net reg gevoel. Ek het dadelik ’n prentjie
in my kop gehad van wat ek kon doen om
die huis en tuin terug te neem na die spog-
eiendom wat ek glo Ivy Lodge op sy dag was.
Gelukkig is ek so bevoorreg om leiwater te
hê” sê Sally.
Sy het die voortuin meer formeel gemaak
om by die styl van die huis te pas en dit het
beteken dat baie van die vorige eienaar se
clivias georden en verskuif moes word na die
skaduwee onder die bome. “Hul groot
verskeidenheid kleure maak my vroeë
lentetuin baie spesiaal.”
Die voortuin bestaan uit net ’n paar spesies:
clivias onder die jakarandas wit agapante in
die sonnige dele en Duranta ‘Sheena’s Gold’
as heinings. “Ek het ’n paar vormboompies
ingebring om met die skerp blare van die
agapante en clivias te kontrastreer – hiervoor
het ek Duranta ‘Gold Mine’ sowel as ficus-
boompies wat vanself opgekom het gesnoei.
Daar is twee asemrowende kameelvoet-bome
(Phanera variegata) wat vroeglente oortrek is
met wit orgidee-agtige blomme.”
In November 2012 moes Sally haar
voortuin wat net klaar ontwerp en beplant
was agterlaat om haar seun Morné in
Pretoria te gaan bystaan nadat hy in ’n
motorongeluk was. Toe sy nege maande later
terugkeer het Pierre vir haar ’n houtprieel
onder ’n boom in die voortuin gebou. Hier het
sy ’n sterjasmyn geplant wat dit kon toerank
met twee Japannese esdorings weerskante.
Om die oorgang van die tuin na die plaveisel
voor die huis te definieer het hy ’n pergola
gebou waarteen ook sterjasmyn rank. En
danksy sewe luiperdbome (Caesalpinia ferrea)
in dié deel is dit nou ’n klein woud! >>

Begonias op hul mooiste
in ’n pot. Die nimlike Sally
(regs) by ’n luiperdboom.

Free download pdf