Tuis. 01

(Tuis.) #1
Kleigrond en steiltes
Eers in 2013 kon Sally die agtertuin aanpak.
“Hier wou ek ’n meer informele ontwerp
met ’n groter verskeidenheid plante hê. Die
probleem was die vreeslike kleigrond en die
steil helling na onder. Ek moes eers van die
heuphoogte-onkruid ontslae raak en daarna
met die kruiwa vrag op vrag kraalmis en
kompos inry.
“Ek het gras geplant net om van die
modder ontslae te raak en aangesien ek al
die werk alleen gedoen het het dit ’n hele
klompie maande geneem om die terrein net
gelyk te kry” vertel Sally.
“Daar was letterlik nie ’n plant of boom
om as beginpunt te gebruik nie daarom
kon ek ontwerp soos ek wou. Ek het by my
buurman ’n klompie witstinkhoutboompies
gekry wat binne drie jaar maklik drie meter
hoog gegroei het. Ek het tuinkamers gevorm
met lewende mure en die hele tuin se
buitelyne beplant met viburnums om die
wind af te keer en ’n mikroklimaat te skep.
“Nou onthaal ek graag my twee manne
en soms vriende in my tuin. Ek dra meubels
uit en maak ’n vertrek buite met dekor en
al. Hulle mor nogal erg aan die einde van
die aand wanneer alles weer teruggedra
moet word!”


  • Plante is vir my ’n verantwoordelikheid
    net soos ’n troeteldier: As jy dit plant moet
    jy dit versorg en voed. Gee jou blomplante
    en potplante gereeld ’n dosis Seagro of
    wateroplosbare voeding soos Kelpak en
    DƵůƟĨĞĞĚ͘

  • Werk gereeld kompos in akkers in.

  • Ek gebruik bamboespale op die ente van
    akkers. Dit keer dat die tuinslang oor die
    plante sleep wanneer ek rondom ’n
    bedding loop en natlei. Dit lyk ook beter en
    is vriendeliker op jou enkels as die
    ysterpenne wat ons voorheen gebruik het.

  • Plant altyd op die beste manier: Voeg
    beenmeel Seamungus-korrels en kompos
    by die grond in die gat en gee water tot
    ŐŽĞĚŐĞǀĞƐƟŐ͘KŶƚŚŽƵŽŽŬĚĂƚƉůĂŶƚĞ
    verskuif kan word. As dit nie goed vaar op
    ͛ŶƉůĞŬŶŝĞ͕ƐƉŝƚĚŝƚǀĞƌƐŝŐƟŐƵŝƚĞŶǀĞƌƉůĂŶƚ
    dit – almal verdien ’n tweede kans.

  • Stel ’n plan op al is dit net ’n breë riglyn
    sodat jy jou groot prentjie kan invul namate
    ũŽƵĮŶĂŶƐŝĞƐĞŶƚLJĚĚŝƚƚŽĞůĂĂƚ͛͘ŶdƵŝŶ
    ontwikkel met tyd en aandag.

  • Knip snoei en vorm enige plant. Dit laat
    hulle digter groei en skakel houterigheid
    uit. Breek dooie blomme uit om die plant
    se blomtyd te verleng.


SALLY SE WENKE

Uit die pot (links) wat Sally se ma op haar
dertigste verjaardag vir haar gegee het rank
’n sterjasmyn met Durantas rondom.

Sally sê die grysgroen sandsalie (Salvia
africana-lutea) wat sy gevormsnoei het
is geneig om ’n slordige bos te word
wat op die ander plante gaan lê. Die
gesnoeide bal regs van die pienk Digiplexis
‘Illumination Flame’ is ’n westringia.

Free download pdf