Tuis. 02

(Tuis.) #1

Februarie 2017 tuis 101


plant van die maand tuin


Plantgids


VolksnaamPronkridderspoor
Botaniese naamDelphinium-spesies
Volson en halfskaduwee
Gemiddelde waterbehoeftes
Rypbestand Goeie snyblom
Groei 03–15 m hoog
Moet teen wind beskerm word


Bronne Flower Gardener deur Pippa
Greenwood; Maak tuin saam met
Keith Kirsten deur Keith Kirsten; Die
Suid-Afrikaanse Watter blom is dit?
deur Kristo Pienaar; Reader’s Digest A
South African Garden for All Seasons
met hoof-medewerker Jennifer
Godbold-Simpson

Pronkridderspoor


Pronkridderspore (Delphiniums)
blom in skakerings van blou
pienk pers en ook wit op lang
stele bo die plant se blare. Ritse
blomme wat van onder af oop-
gaan verskyn in die laatlente en
blom tot die somer. Dié plante kan
meer- of eenjarig wees.
Pronkridderspore verkies koel en
klam somers en aard nie goed in
baie warm en droë dele van die
land nie. Hoewel jy dit in die
koeler streke in volson kan plant
is ’n plekkie met gedeeltelike
skaduwee beter vir hulle in warmer
dele. Stut die plant namate dit hoër
groei sodat die steel nie knak of omwaai
in die wind nie.
Dit hou van ryk goed gedreineerde
grond met baie kompos. Plant
saailinge – dis in sespakke beskikbaar
by kwekerye. Die plante kan wel van
saad groei maar nie al die soorte is ewe
maklik om so aan die groei te kry nie. Daar
is ook dwergvariëteite beskikbaar. Lees die
etiket op die saailingbak of saadpakkie om
seker te maak die een wat jy koop sal die
hoogte bereik wat jy verkies.


Hoog hoër hoogste!
Plante wat blomme aan lang
slanke stele dra vang dadelik
die oog en gee hoogte aan jou
bedding. Baie van dié plante
soos vingerhoedjies (Digitalis
purpurea) stokrose (Alcea
rosea) en pronkridderspore
(Delphiniums) is oortrek met ’n
rits individuele blomme wat
geleidelik van onder af oopgaan.
Dit maak dat die plant lank met
blomme spog.
Ander waaronder sonne-
blomme (Helianthus annuus)
kantblomme (Ammi majus)
en Jerusalem-artisjokke
(Helianthus tuberosus) dra
weer ’n blom of twee hoog bo-
op hul stele.
Dit is nie nodig om plante wat
hoog groei agter in ’n bedding
te plaas nie. Plant dit aan die
kante of in die middel vir ’n
treffende fokuspunt. Dié plante
lyk mooi in ’n kothuistuin en
in meer formele beddings waar
dit in groter groepe bymekaar
kan staan.

PLANT OOK


  • Artisjokke (Cynara scolymus)

  • Spinnekopblomme
    (Cleome spinosa)

  • Trompetlelies
    (Lilium longiflorum)

  • Vinkel (Foeniculum
    vulgare)

  • Watsonia-spesies


Wenk As die pronkridderspore jou opdraand
gee saai of plant ridderspore (Consolida
ambigua). Hulle groei makliker van saad en is
ook as saailinge in sespakke te koop. Ridder-
spore blom in die lente in skakerings van pienk
pers of wit en sorg vir ’n soortgelyke vertoning
as pronk ridder spore. Dit groei sowat 60 cm
hoog en is ’n goeie snyblom.

Free download pdf