Tuis. 02

(Tuis.) #1

UIT DIE


DeurMarié Esterhuyse •Foto’sKosie Jansen van Rensburg

Marié Esterhuyse


Hoë bome vang dalk die meeste wind


maar hoë blomme vang die oog!


Dié een- en
meerjariges gee kleur
en hoogte aan jou
tuin met blomme wat
trots op lang slanke
stele blom.

Het jy geweet?
Lamsterte lok bye
na jou tuin.

Plantgids
Volksnaam Lamstert
Botaniese naam
Verbascum-hibriede
Volson Rypbestand
Gemiddelde waterbehoeftes
Groei tot 2 m hoog

Lamstert
As jy eenmaal ’n lamstert
(Verbascum) in jou tuin het het jy
dit altyd. Dié een- of meerjarige saai
homself maklik; los die saailinge net
daar waar dit opkom of plant hulle
uit in ’n bedding waar jy hulle graag
wil hê. Die plante se lang stele is
van laatlente tot in die somer
oortrek met klein blommetjies wat
van onder af op die steel oopgaan.
Verbascums met geel of wit blomme
is meer algemeen as dié in
skakerings van pienk.
Kry saad by ’n tuinvriend of koop
die plantjies by ’n kwekery. Plant dit
in die son in goed gedreineerde
grond. Die goeie nuus is dat arm
grond nie die plant pla nie en dit
het nie ekstra kos nodig om mooi
te blom nie.
Free download pdf