Tuis. 02

(Tuis.) #1

Terwyl ander mense wonder wat hulle vir aandete gaan berei oes


Christine Veen vars groente en kruie uit haar tuin.


Deur Maryke Roberts • Foto’s Peter Rimell

Christine en Ton geniet die lafenis wat hul
groot tuin in Somerset-Wes hulle bied. En
vandat hulle ’n smal onbenutte lappie gras
langs hul huis in ’n kombuistuin omskep
het is die varsheid van ’n paar sonryp
tamaties of ’n takkie pietersielie vir hulle ’n
kosbare kleinood.
Dié groentetuin – ’n regrukprojek wat
Christine verlede jaar vir ons Regruk met
Flair-kompetisie ingeskryf het – is maar
enkele maande oud maar die Veens vertel


hulle kan hul lewe nie meer daarsonder
voorstel nie.
“Ek Ton en ons tuinier Gibson Msipha
het die groente- en kruietuin self aangepak.
Dié stuk grond was die laaste gedeelte van
ons tuin wat aandag moes kry. Ons hou
daarvan om dinge self te doen en wou die
groentetuin self uitlê.”
Die Veens wat voorheen in Johannesburg
gewoon het het in 2004 die erf in die
Bel’aire-landgoed gekoop. Nadat die

bouwerk klaar was het hulle die groot tuin
rondom die huis deur ’n landskapargitek
laat uitlê maar die groentetuin was hul
“naweekprojek”.
“Naweke is ons doen-tyd” vertel
Christine. “En ná die werkery steek ons
graag op ’n Saterdagmiddag ’n vuur aan vir
’n braai skink ’n glasie wyn en bewonder
ons handewerk.
“Ons is ’n goeie span. Ons rol maklik die
moue op en spring in” sê sy. >>

Die pronkertjies in die middel
van die tuin is nie net ’n pragtige
fokuspunt nie die blomme se
reuk vul ook die lug en trek deur
die Veens se huis.

Die stuk grond waar die
groentetuin nou is lê teen
’n helling. Die enkellaag
keermuurblokke (links) is jare
terug toe dit nog grasperk was
so gepak om twee vlakke in dié
deel van die tuin te skep – op
die hoër vlak groei wingerd waar
Ton wat homself ’n garagiste-
wynmaker noem sy druiwe oes.

Februarie 2017 tuis 103

Free download pdf