Tuis. 02

(Tuis.) #1
Die grasperk waar die groentetuin sou kom was
reeds onder besproeiing. Daarom het Christine en Ton
besluit om hul eetbare tuin rondom die bestaande
besproeiingstelsel te beplan. Nie net sou dit minder
werk beteken nie dit sou ook koste bespaar.
Gibson wat al sewe jaar vir die Veens werk het die
gras stuk-stuk uitgehaal en die grond voorberei deur
die grootste klippe te verwyder en onkruid uit te trek.
Saterdae het hy saam met die Veens die beddings
gehelp bou en die tuin begin aanlê.
“Ons het sowat 25 sakke kompos gekoop en in die
grond ingewerk” vertel Christine. “Want vrugbare
grond en die voorbereiding is van kardinale belang.”
Sy het juis onlangs haar eie komposhoop begin sodat
sy volgende jaar haar eie kompos vir nuwe groente-
aanplantings kan gebruik.
Die Veens het redelik baie steierplanke en houtpale
oorgehad van vorige projekte. Al dié weggooigoed is
herwin. “Ons het begin uitpak en sorteer om voorraad
te neem van alles wat ons ’n tweede kans kon gee.
Toe het Ton en Gibson die groentebokse gebou uit al
die bruikbare pale en planke.”
Nadat al die beddings uitgelê is kon Christine en

Gibson begin plant; daarna het hulle saam die
plaveistene vir die voetpaadjies gelê.
Die Veens het hul ouTuis-tydskrifte nadergetrek vir
idees en ook op Pinterest gaan soek na inspirasie.
“Moet ook nie van Willie Schmidt die eienaar van
Aspidistra Tuinsentrum op Stellenbosch vergeet nie”
sê Christine. “Ons het met hom gaan gesels en daar
in die kwekery rondgeloop en idees uitgeruil. Ek
bewonder sy vermoë om enige vaal stukkie grond in
iets besonders te omskep. Jou vingers jeuk omtrent
vir tuinmaak nadat jy deur sy plek gestap het.”
Die hele projek is in die winter gedoen want dan is
die grond lekker sag vertel Christine. Dit was drie
weke se swoeg en sweet maar nou wag daar ’n
leeftyd se plesier!

Die hartjie met wit
klippies daarbinne (heel
bo) was Christine se
idee. “Die raam kom van
Aspidistra Tuinsentrum.
Ek wou graag ’n paar
interessante aspekte in
die groentetuin hê.” Sy
en Ton het benewens
die groentetuin ook die
agtertuin uitgelê. Dié
deel spog met olyfbome
en vrugtebome. “Elke
jaar lê ons perskes pere
en olywe in. En kook
appelkooskonfyt. Die
tuin hou ons gesin
goed besig.”

Die voorbereiding


Bossies uittrek


en slakke jag is ’n


voltydse werk.



  • Christine


Ton en Christine

Wit Icebergs gee
kleur aan die
groentetuin en vorm
’n grens met die
wingerd daaragter.

104 tuis Februarie 2017


opknap tuin

Free download pdf