Tuis. 02

(Tuis.) #1

108 tuis Februarie 2017


Dié krui is gewild onder bye


en is goed vir mense ook!


Kweek dit soDié kompakte meerjarige plant
groei in volson tot gedeeltelike skadu en is
ideaal vir vensterbanke en houers. Dit gee nie
om vir arm grond nie solank die dreinering
goed is. Maak gereeld nat op warm dae. Die
blare het ’n ligte suurlemoengeur en die soet
wit blommetjies maak dit gewild onder bye.
Wenk van die maandVoed met ’n organiese
misstof wat al die elemente vir optimale groei
sal verskaf; dit vra baie kos en toon gou
tekorte wat die plant vatbaarder maak vir
siektes. Te veel stikstof veroorsaak egter sagte
groei met minder medisinale waarde.
Het jy geweet?Dié krui se olies is die sterkste
in die namiddag wat dit dus die beste tyd
maak om die blare te oes. En hoe meer jy
pluk hoe meer blare produseer dit.
Algemene problemeIn baie koue gebiede sal
die plant in die winter doodgaan maar dit
loop weer in die lente uit. In te diep skaduwee
kan dit gedurende die reënseisoen met
swamsiektes besmet word.
GebruikeDie vars blare verleen geur aan
slaaie hoender vis wildsvleis lam en vark
sowel as vla vrugteslaaie vrugtedrankies
sop souse witsous vir vis en kruie-asyn.
Sitroenkruid-tee is strelend en ontspannend
en help ook met spysvertering. Verder werk
dit bakteriële virus- en swaminfeksies teë
wat dit geskik maak om koorsblare seer keel
oorinfeksies en allergieë mee te behandel.
Probeer dit! As jou hond sukkel met swak
spysvertering of winderigheid of tekens van
skeidingsangs toon kan jy fyngekapte
sitroenkruidblare by sy kos gooi – 1 teelepel
vir elke 68 kg van sy gewig.
KONTAK healthyliving-herbs.co.za


Sitroenkruid
0HOLVVDRI¿FLQDOLV

K R U I VA N
DIE MAAND

NUUT IN DIE KWEKERY
Ofskoon oswego-tee (Monarda
didyma) een van die beste
meerjarige plante is om bye na
’n tuin te lok word dit nie volop
geplant nie. ’n Nuwe kultivar
‘Balmy’ groei heelwat laer as
die tradisionele kultivars – net
25–30 cm hoog. Dis beskikbaar
in ’n reeks treffende kleure: lila
pers roospienk en pienk blomme
verskyn van vroeg in die somer.
Plant dit in klam grond op ’n
plek met volson tot gedeeltelike
skaduwee. Dié plante het
geurryke skimmelbestande loof.

Oor bye en blommetjies
Het jy geweet twee-derdes van die wêreld
se voedselgewasse maak staat op bye
vir bevrugting? Doen dus jou deel
deur plante te kweek waarvan dié
noodsaaklike insekte hou.
Baie plante wat in die
laatsomer blom is ’n goeie
bron van stuifmeel vir bye.
Bye verkies enkelblomme in
geel wit blou en pers terwyl
dubbelblomme of blomblare wat binnetoe buig nie
so toeganklik vir hulle is nie.
Plant blomme in groepe sodat bye hulle makliker
kan opspoor. Dié insekte se tonglengte wissel;
party verkies die plat oop blomme van plante soos
kappertjies Verbascum (sien “Plant van die maand”
bl. 100) en madeliefies terwyl ander die buisvormige
blomme van agapante aalwyne Buddlejas
fuchsias wildedagga (Leonotis leonurus) laventel
pynappelsalie en suurknol verkies. Die geur van die
blom wat die by besoek klou aan sy lyf en moedig
ander bye aan om dieselfde blomme te gaan soek.
Rank- en stamboontjies skorsies pampoen
aarbeie en komkommer is ook baie gewild onder
bye asook kruie soos oswego-tee (sien “Nuut in
die kwekery”) sitroenkruid (sien “Krui van die
maand”) komkommerkruid vinkel laventel
ment roosmaryn salie en tiemie. Hulle
is ook lief vir die blomme van
vrugtebome veral sitrusbome.
Bye het ook ’n vars waterbron nodig.
’n Vlak voëlbad met klein klippies waarop
hulle kan land is ideaal. Verbascum
Free download pdf