Tuis. 02

(Tuis.) #1

Februarie 2017 tuis 109


LEER BY LUDWIG


Speel klaar met


rooispinmyt


Gooi ou rose blare af?


Take vir elke streek


SomerreënstreekHou beddings onder
deklae en maak twee keer per week goed
nat indien moontlik. Gee op warm dae
eers saans water; dit koel die plante af en
omdat die blare gou droog word is daar ’n
kleiner kans vir swamsiektes. Wag tot die
einde van die maand wanneer dit koeler
is om met Vigorosa te bemes. Spuit met
Chronos of Rose Protector teen swartvlek
indien dit vir lang tye reën.

Kaapse kusstreekStrooi deklae en maak
twee keer per week goed nat. Knyp dooie
blomknoppe af indien nodig maar moenie
te veel blare verwyder nie; die plant het dit
nodig vir skadu en koelte.
Laeveld en KwaZulu-Natalse kusStrooi
deklae en maak twee keer per week goed
nat indien moontlik. Bestry plae en swam-
siektes weens die humiditeit met Ludwig’s
Insect Spray en Chronos of Rose Care.

Kyk hoe Ludwig die verskillende roossiektes
verduidelik op tuis.co.za.

‘Bewitched’

‘Burning Sky’

V: Ek wil graag waterwys tuinmaak en my bedding
‘Burning Sky’- en ‘Bewitched’-hibried-teerose met
’n drupstelsel natmaak. Is dit ’n goeie idee?
Daar’s ’n paar redes waarom drupbesproei-
ing nie ’n goeie opsie vir roostuine is nie. Tydens
’n droogte groei die wortels nader aan die drupper
maar met langdurige reën sal nuwe wortels
ontwikkel en in voorheen droë grond uitstrek net
om weer terug te krimp wanneer die reënseisoen
verby is. Jy kan dit vermy met twee of drie spuit-
punte per roos. Die spasiëring hang af van jou tipe
grond. In kleigrond sal die water sywaarts loop wat
die besproeide area vergroot; in sanderige grond
wat gou dreineer het jy weer meer druppers nodig.
Druppers kan ook verstop raak en dit kan lastig
wees om so baie druppers na te gaan. Jy sal ’n
probleem dikwels eers agterkom wanneer die roos
amper of klaar dood is weens ’n gebrek aan water.
Dis ook nie raadsaam om korrelkunsmis toe te
dien nie tensy dit goed gereën het of jy bereid is
om ’n paar keer met die hand nat te lei nadat jy jou
rose gevoed het.

V: Kan ek my rose natmaak met gryswater uit
die stort bad en wasmasjien?
Ja jy kan want rose gedy blykbaar op
gryswater. Maar dis tog ’n goeie idee om af en
toe met kraan- of reënwater nat te maak sodat
enige oorblyfsels van die skoonmaakmiddels kan
wegspoel. Ek raai jou ook aan om bio-afbreekbare
omgewingsvriendelike produkte te gebruik.

Rose is taai en daar is baie min dinge
wat hulle doodmaak behalwe as hulle
hul blare afgooi weens swartvlek of ’n
rooispinmyt-infestasie. Die son brand
op die kaal stele wat dan in kanker
oorgaan.
Spinmyt-aktiwiteit is ’n goeie teken van
droogte oftewel ’n vertraging in sapvloei.
Maar dit kan ook gebeur ná reënweer
indien die water nie wegloop nie; dit
laat die haarwortels doodgaan. Die roos
neem dadelik minder water op en die
sap bevat meer gekonsentreerde suikers
ensovoorts. Dis die teken vir die myt om
eiers te begin lê.
Hou hiervoor dop:


  • Die blare kry fyn geel stippels van die
    basis af boontoe. Wanneer jy dit oplet
    pluk ’n blaar hou dit teen die lig en
    ondersoek die onderkant. Gebruik ’n
    vergrootglas as jy een het.

  • Indien jy enige klein swart of rooi
    spikkels sien (hulle kan beweeg) dan is
    dit ’n rooispinmyt-infestasie. Nog ’n teken
    is spinnerakke op die rose maar dan is
    die infestasie al goed gevorder.

  • Die myte suig die chlorofil uit die blare
    wat dan ophou fotosinteer bruin verkleur
    en afval. Daarna beweeg die myte hoër
    op na die volgende groen blare.
    Wat jou te doen staan:
    Trek die blare af wat die swaarste
    aangetas is. Spuit die onderkant van die
    oorblywende blare met ’n doeltreffende
    doder soos Milbeknock en maak
    seker dis goed deurdrenk. Herhaal die
    behandeling vyf dae later om enige nuwe
    myte dood te maak.


Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].


Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner gee
wenke oor hoe om water te bespaar en
steeds genoeg vog vir jou rose te verseker.

Woon een van dié gratis somersorg-
demonstrasies vir rose by:
21 Januarie: Ludwig’s Roses
Kaapstad (14:00)
21 & 22 Januarie: Ludwig’s Roses
Wynland (Saterdag om 10:00 en
Sondag 10:30)
18 Februarie: Ludwig’s Star Roses
Hillcrest Durban (10:30)
Vir nog inligting besoek
ludwigsroses.co.za.
Free download pdf