Tuis. 02

(Tuis.) #1
Genoeg vir 8
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

•5ml suurlemoensap


  • sowat 6–8 klein appels geskil en in
    blokkies gesny

  • 125 ml sultanas in rooibostee geweek

  • 5 ml fyn kaneel

  • 5 ml gemengde speserye

  • 65 ml ligte bruinsuiker

  • sowat 100 ml botter gesmelt

  • 4 velle fillodeeg
    KARAMELSOUS

  • 125 ml suiker

  • 125 ml kookwater

  • 250 ml room

  • ’n ruim knippie seesoutvlokkies

  • 15 ml botter

  • ’n sopie brandewyn of whisky
    (opsioneel)


1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die
suurlemoensap deur die appel om te keer
dat dit verkleur en voeg die sultanas by.
Meng die speserye en die suiker in ’n aparte
bakkie. Verhit sowat 30 ml botter in ’n groot
pan en voeg 50 ml van die speserysuiker by;
verhit tot skuimerig. Voeg die appels by en
roer tot dit begin ligbruin braai en sag word.
Laat effens afkoel.

2 Sit twee velle fillodeeg langs mekaar op ’n
skoon werkoppervlak neer en sit nog ’n vel
bo-op elkeen. Sny elke stapel in kwarte (dus
8 in totaal) en verf die rande met botter.
Verdeel nou die vulsel tussen die 8 deeg-
velle – skep dit in ’n dun strook op een kort
sy. Vou die punte aan weerskante oor die
vulsel en rol op in netjiese rolletjies. Pak die
rolletjies op ’n gesmeerde bakplaat en verf
mildelik met die botter. Sprinkel die
oorblywende speserysuiker oor en bak vir
sowat 20 minute of tot goudbruin en bros.
3 Maak die karamelsous Meng die suiker
en water saam in ’n klein kastrol oor matige
hitte en roer tot al die suiker opgelos is.
Verhoog die hitte en bring tot kookpunt.
Laat kook sonder om te roer tot die suiker ’n
karamelkleur begin kry. Hou die kastrol
mooi dop en skud dit af en toe as jy sien dit
verkleur vinniger op een plek anders kan
dit brand voordat die hele stroop ’n diep ryk
karamelkleur kry. Sodra die karamel gereed
is giet die room versigtig by – wees
gewaarsku dit gaan spat! Roer nou oor
matige hitte tot al die karamel weer gesmelt
het en die sous glad is. Verwyder van die
hitte. Klits die sout botter en brandewyn
by en giet deur ’n siffie in ’n mooi beker
vir voorsit.

Appel-en-kaneelrolletjies met soutkaramelsous


118 tuis Februarie 2017

Free download pdf