Tuis. 02

(Tuis.) #1
Yskouewaatlemoen-
spritzer
Genoeg vir 15 liter
Bereidingstyd: 25 minute plus vriestyd


  • 1 bottel (750ml) droë rosé

  • 750g waatlemoenvlees pitte verwyder

  • 250g aarbeie gewas en gehalveer

  • 60ml jenewer of vodka (opsioneel)

  • 30ml lemmetjiesap

  • 60ml roosstroop

  • ’n hand vol roosblare uit die tuin (rooi of
    pienk en baie geurig)


1 Skink die rosé versigtig in ysbakkies en
vries tot hard.
2 Sny die waatlemoen in stukke en vries dit
saam met die aarbeie in sakkies. Sny ’n
paar ekstra skyfies of rol balletjies waat-
lemoen en hou dit in die yskas vir garnering.
3 Nou begin die pret: Jy het ’n beker-
versapper nodig wat ys kan fynmaak. Keer
die rosé-ysies bevrore waatlemoen en
aarbeie in die beker uit. Voeg die jenewer
lemmetjiesap en roosstroop by en verwerk
tot glad. Proe en maak seker daar is genoeg
skop (dit is soet en vrugtig genoeg). Skink in
mooi glase en garneer met die behoue
vrugte en roosblare. Sit ’n strooitjie in elke
glas en geniet.
En dan begin die pret éérs ...

Suurlemoenkoekbrood
metamandelbolaag
Genoeg vir 1 koek
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 45 minute


  • 175g (312ml) bruismeel

  • 75ml bakpoeier

  • 3 ekstragroot eiers

  • 150g (180ml) strooisuiker

  • gerasperde skil van 1 suurlemoen

  • 100ml suurroom

  • 25ml suurlemoensap

  • 65ml botter gesmelt

  • 3 lang takkies tiemie
    AMANDELBOLAAG

  • 30g botter

  • 45ml heuning

  • 30ml suurroom

  • 3 takkies tiemie

  • 100g amandelvlokkies


1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n
klein broodpan met ’n inhoudsmaat van
500 ml met kleefwerende kossproei en sif ’n
lagie meel oor. Skud tot die lagie eweredig
versprei is en gooi die oortollige meel uit.
’n Vel bakpapier onderin die pan is nog ’n
voorsorgmaatreël wat gaan help om die
koek uit te keer.
2 Sif die bruismeel en bakpoeier saam en
hou eenkant. Klits die eiers strooisuiker en
suurlemoenskil saam tot verdik lig en
donsig. Voeg nou die meel suurroom
suurlemoensap en botter by; stroop die
tiemieblaartjies van die takkies af en voeg
dit ook by. Klits tot net gemeng. Skep in die
voorbereide pan en bak vir 35 minute.
3 Maak die bolaagSmelt die botter
heuning en suurroom saam; stroop die
tiemieblaartjies van die takkies af en voeg
dit by. Meng die bottermengsel deur die
amandels. Haal die koek uit die oond en
versprei die bolaag eweredig oor die bokant.
Sit dit dan terug in die oond en bak vir nog
10–15 minute of tot ’n toetspen skoon
uitkom en die bolaag mooi goudbruin is.
Laat effens afkoel in die pannetjie en keer
dan versigtig uit. Sit voor met suurroom of
crème fraîche saam met ’n koppie tee.

Hoendermet


tamatieenbasilie


Genoeg vir 4 ruim porsies
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur



  • 8 hoenderboudjies

  • 1 rooi brandrissie gekap

  • 3ml gedroogde basilie

  • seesoutvlokkies

  • varsgemaalde swartpeper

  • 12 suurlemoen- of lourierblare

  • 12 repe spek

  • 1kg gemengde tamaties groot en klein

  • ongeveer 60ml olyfolie

  • 30ml balsemiekasyn

  • ’n groot hand vol vars basilie


1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Vryf die
hoender in met die brandrissie basilie en
genoeg seesoutvlokkies en varsgemaalde
swartpeper. Draai nou ’n suurlemoenblaar
met ’n reep spek om elke boudjie en pak
dit in ’n oondbak. Draai enige groot
tamaties ook met ’n reep spek toe en sit
dit by die hoender in die oondbak. Sprinkel
die olyfolie oor en rooster vir sowat
30 minute.
2 Draai die hoenderstukke om en voeg die
res van die tamaties en die balsemiekasyn
by. Roer deur en maak seker alles is mooi
gemeng. Bak vir nog sowat 30 minute. Die
hoender sal smelt-in-die-mond sag wees
en die tamaties heerlik souserig sonder om
hul vorm te verloor. Strooi die basilieblare
mildelik oor en lê dadelik weg. Sit voor met
koeskoes kapokaartappels of vars brood
om al die heerlike sous op te slurp.


pasmaats


Februarie 2017 tuis 119

Free download pdf