Pesto-aartappelslaai met hoender
Onder R120 ⢠Genoeg vir 4 ⢠Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
- 4 hoenderborsies
- 30 ml olyfolie
- 15 ml gekapte vars ment
- 30 ml gekapte vars
platblaarpietersielie - gerasperde skil van
1 suurlemoen- 250 ml bevrore ertjies
- 3 sprietuie gekap
- 800 g baba-aartappels
gehalveer - 90 ml basiliepesto
- ân hand vol babaspinasie
1 Sny die hoender in happiegroot blokkies en meng met die
olyfolie; geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak.
Voeg die ment pietersielie en suurlemoenskil by en panbraai tot
goudbruin. Voeg die ertjies en sprietuie by en stoom vir ân paar
minute tot die hoender en ertjies gaar is. Laat afkoel.
2 Kook intussen die aartappels in soutwater tot net gaar. Dreineer
en laat effens afkoel. Meng die pesto deur die aartappels en keer
dit uit op ân dienbord skep die spinasie en hoender oor en sit
louwarm voor.
Hoender-en-broccolislaai
Onder R100 ⢠Genoeg vir 4 ruim porsies
Bereidingstyd: 15 minute ⢠Gaarmaaktyd: 15 minute
- 300 g broccoli- en
blomkoolblomme - 250 ml koeskoes
- 1 klein rooi ui gekap
- 2 sirkels feta gekrummel
- ân hand vol amandels of
kasjoeneute- 60 ml rosyntjies
- 45 ml olyfolie
- suurlemoensap na smaak
- 3â4 hoenderborsies
â¢5ml korrelmosterd - kruieblaartjies vir
garnering
1 Stoom die broccoli en blomkool tot net gaar. Sit die koeskoes in
ân plastiekbak met ân digsluitende deksel. Giet 250 ml kookwater
oor maak toe en laat stoom vir 5 minute. Gebruik dan ân vurk om
die koeskoes los te wikkel en roer die broccoli blomkool ui feta
neute en rosyntjies by. Geur met sowat 15 ml olyfolie
suurlemoensap en sout en peper na smaak.
2 Vryf die hoender met die res van die olyfolie in en geur goed
met sout en swartpeper. Braai in ân baie warm pan tot mooi
goudbruin. Roer die mosterd en ân skeutjie water by sit die
deksel op die pan en laat stoom tot deurgaar. Laat die hoender
afkoel sny in skywe en sit voor op die koeskoes met ân strooisel
sagte kruieblaartjies bo-oor.
Februarie 2017 tuis 121
kortpadkos