Tuis. 02

(Tuis.) #1

1


2


3


4


Sit die eierwitte suiker glukose kremetart
en geursel in ’n glasmengbak en klits met ’n
elektriese klitser tot gemeng. Plaas nou die
mengbak oor ’n kastrol met ’n bietjie
kookwater in op ’n stoofplaat en klits op hoë
spoed vir sowat 10–15 minute of tot die
meringue dik en glansend is.

Wenk
Skep ’n klein lepel karamel
op die koekies voor jy die
meringue-kombersie
bo-oor spuit vir ’n soet
verrassing as jy daarin byt.


Haal die mengbak van die hitte af en klits
tot die mengbak heeltemal afgekoel het;
die meringue kan oorgaar word as die bak
warm is. Skep die meringue in ’n spuitsak
met ’n sterpunt.

Spuit ’n spiraal op elke koekie; laat rus dit
dan vir sowat 30 minute in die yskas.

Smelt die sjokolade saam met die klapperolie
(dit maak die sjokolade dunner) en drup dit oor
die meringue-torings. Jy kan die koekies ook in
die sjokolade doop vir ’n meer eweredige
bedekking. Besprinkel met klapper vir ekstra
lekker en laat die sjokolade hard word.

Klapper-en-vanielje-sweetie-pies


Maak sowat 24 • Bereidingstyd: 25 minute plus verkoeltyd
Gaarmaaktyd: 15 minute


  • 3 groot eierwitte

  • 180 ml strooisuiker

  • 80 ml vloeibare glukose

  • ’n knippie kremetart

  • 1 ml klapper- of
    vanieljegeursel

  • 24 mediumgroot
    hartjievormige soetkoekies

  • sowat 200 g sjokolade

  • 5 ml klapperolie

  • klapper (opsioneel)


stap vir stap kos

Free download pdf