Tuis. 02

(Tuis.) #1

Toe Nelia de Wet haar huis 15 jaar gelede gekoop het het
sy geweet hier het sy die perfekte geleentheid om haar passie
na te volg.
Sy was toe nog ’n tuisblyma en deeltydse skilder en het die
buitegebou op die eiendom omskep in haar ateljee en winkel – en
dít is hoe Gister ’n welbekende vintage-meubel-en-dekorwinkel
die lig gesien het. Deesdae staan dit vol besonderse versamelgoed
wat Nelia uitsnuffel en dikwels self vernuwe voor dit te koop
aangebied word.
Nelia is van nature ’n kreatiewe siel en leef nou haar droom uit.
“Elke af en toe vra ek myself af: Sou ek aftree as ek nou ’n vrag
geld erf? Sou ek nog steeds doen wat ek nou doen? Die antwoord
is altyd ja” sê sy. “Dis vir my lekker om ou skatte uit te snuffel en
dit nuwe lewe te gee met ’n verftegniek of nuwe nut te gee vir
my klante.”
Dis geen verrassing dat Nelia se huis haar kreatiewe werk
weerspieël nie. Haar liefde vir Franse dekor is sigbaar in die
stylvolle drieslaapkamerhuis wat al meer as ’n eeu oud is – van
die groot meubels tot die kleinste detail teksture en kleure.
“My huis het met verloop van tyd ’n rustige ruimte geword waar
ek graag tyd deurbring” sê sy. “Dis ontspanne onopgesmuk en
oop vir verandering.”


Werk met wit
Oor die jare het Nelia veranderinge aan die huis gemaak om by
haar gesin se behoeftes te pas: Binnemure is uitgebreek ’n stoep
is aangebou en die kinders se en suite-slaapkamers is na die
tweede verdieping geskuif sodat die tieners ’n bietjie privaatheid
kan hê. Die wit Oregondennehout- en sementvloere in die huis het
die basis vir die dekor gevorm.
Die gesin bring baie tyd in die kombuis deur en dit was daarom
belangrik dat dié vertrek goed beplan word – veral omdat Nelia en
haar vriend Jeremy Stockhall albei hou van kosmaak. “Ek kook
die gereeldste maar Jeremy is eintlik ’n beter kok” sê sy laggend.
Net soos die kombuis spog die res van die huis ook met ’n
neutrale palet meestal wit. “Die verskillende skakerings is vir my
vreedsaam; en so ’n basiese struktuur is maklik om te versier” sê
Nelia. Sy gebruik tekstuurryke materiaal soos rou hout natuurlike
linne bamboes en rottang regdeur die huis en pas dit aan volgens
die seisoen. “In die somer hou ek van dun wit katoen en in die
winter gebreide goed matte en warm kleure.”
Volgende op haar lysie is Jeremy se woonstel-opknap. “Ek is
opgewonde om hom te help met sy man cave in dieselfde palet
maar met meer manlike kleure soos grys titsels swart en moderne
aksente.” >>

Februarie 2017 tuis 21

Free download pdf