Tuis. 02

(Tuis.) #1

Die Vackiers van Centurion was stadig maar
seker besig om hul blyplek te ontgroei.
Daarom het hulle begin uitkyk na ’n huis
met meer plek vir gaste ’n oopplankombuis
en genoeg ruimte vir hul seun Xavier in sy
grootwordjare.
Maar hulle was gelukkig in die landgoed
waar hulle gebly het. Toe ’n groter huis net
om die draai eendag op die mark kom het
hulle met die eienaars gaan gesels en ’n
aanbod gemaak – wat dadelik aanvaar is.
Harald ’n meganiese ingenieur van
België en Mpho eienaar van DesignPeo en
theurbanative.com het hope potensiaal in
die “nuwe” huis met sy vier slaapkamers en
drie badkamers gesien. Hulle het in
Desember 2014 ingetrek met planne om
hier en daar op te knap. “Maar op die ou
end het ons besluit om alles van voor tot
agter oor te doen!” sê Mpho ’n interieur-
en meubelontwerper.
Haar skeppende flair is regdeur die huis
sigbaar. Sy het ’n oudmodiese palet met
opwindende tekstuurryke dekorelemente
opgehelder. “Nou weerspieël ons huis ons
as gesin – met karakter!” verklaar sy
tevrede.


Dis in die detail
’n Vrolike voordeur geverf
in Plascon Sparkling Lemon
Lime heet jou welkom. “Ek
ŚŽƵǀĂŶĚŝĠƟŬŬŝĞĚƌĂŵĂ͕
want binne is dit meestal
grys” sê Mpho. “Die deur
was nou die dag nog geel
en volgende jaar is dit dalk
skokpienk!” Op die stoep is
dieselfde terrazzo-teëls as
in die kombuis (heel links).

Dis in die detail
Die paartjie wou aanvanklik
kaste hê wat met ’n druk-
aksie oopmaak maar toe
raak hulle verlief op dié
elegante handvatsels van
Handles Inc.
Free download pdf