Tuis. 02

(Tuis.) #1

36 tuis Februarie 2017


Die naaswenners Candice Theunissen
en Stanley Cornelius se prys was ook ’n
R3 500-bewys van Pennypinchers Timbercity.

Die seremoniemeester
Tracey Lange

Die 2016-Regruk met Flair-gala op die landgoed


Le Bac buite Wellington was ’n viering van slim


opknap-planne – hier is die topvyf!


WENNERS IS ...


REGRUK MET FLAIR


V


anjaar se Regruk met
Flair-prysuitdeling was ’n
dag om te onthou en die
150 gaste het almal opgewonde
uitgesien na die groot nuus.
Trane van blydskap ’n oorvloed
inspirasie en tonne pret – insluitend
’n vertoning deur Heinz Winckler
en sy vrou Aletté-Johanni – het ’n
warm sonnige dag in November
komkommerkoel laat voel ...
Op die volgende blaaie wys ons
die topdrie en wat hulle als vermag
het. Verkyk jou aan hul projekte en
kry inspirasie vir jou eie – en as al
die swoeg en sweet agter die rug is
skryf jou eie handewerk in vir
vanjaar se kompetisie –
besonderhede verskyn in die
Maart-uitgawe.

En die


Johan Spies advertensiebestuurder van die
hoofborg Pennypinchers Timbercity by die
wenners Andrew en Victoria Zekveld van Clarendon
in KwaZulu-Natal wat ’n R30 000-geskenkbewys
losgeslaan het.

Dewald en Erika van Zyl in die
derde plek het ’n R3 500-bewys van
Pennypinchers Timbercity ontvang.

Regruk

Free download pdf