Tuis. 02

(Tuis.) #1
Victoria het ’n oog vir ontwerp en van een
ding was sy seker: net nie ’n kombuis in die
landelike styl nie! En gepaste werkblaaie
was noodsaaklik.
“Graniet was ’n opsie” sê Andrew. “Maar
ons het nie van die voorkoms gehou nie en
kwartsblaaie soos Caesarstone is hope loos
te duur. Omdat ons begroting so knap was
het ons amper-amper teruggeval op
standaard-melamienblaaie. Maar ons het
besluit dit sou die moeite werd wees om te
eksperimenteer met sement – al loop daar
iets skeef sou dit nie so baie kos nie.
“Ons wou ’n ligte sementkleur hê en die
blaaie moes dunner as die standaarddikte
van 10 cm wees. Ons ontwerp toe self ’n
blad wat dunner dog sterk sou wees.”
Trouens hulle moes dit noodgedwonge
self doen want geen kontrakteur was bereid
om ’n blad dunner as 10 cm te giet nie.
Gelukkig was Andrew en Victoria oorgehaal
vir die taak.
Dis hoe hulle dit gedoen het:

1


Andrew het die hout van die ou kaste
gebruik om gietvorms vir die blaaie te
bou. Hy moes ook spesiale vorms maak met
die regte openinge vir die wasbak stoof en
pype. Dit moes perfek gemeet word omdat
hulle dit nie agterna sou kon aanpas nie!

1


3


2


4


T


oe Andrew en Victoria Zekveld van
Pretoria af na Pietermartizburg
verhuis het hulle afgekom op ’n
huis in die buurt Clarendon – die omgewing
en prys was nommerpas maar die huis self
was in ’n treurige toestand.
“Hoewel die leefareas net ’n laag verf
gekort het was die kombuis ’n heel ander
storie” sê Victoria. Dit was klein en donker
die ou kaste was lendelam en die werk-
blaaie het kwaai waterskade gehad.
“Andrew is ’n lang man en moes altyd
buk om nie sy kop teen die lae boogingang
na die kombuis te stamp nie. Daar was ook
nie naastenby genoeg werkspasie nie” voeg
sy by.
Die Zekvelds het besluit om twee mure
uit te breek en die kaste te vervang namate
hul begroting dit toegelaat het. Maar toe
hulle die hamers begin inlê en begin kaste
uitbreek was daar geen keer nie. En daar
was nog groter haas nadat Victoria ontdek
het sy is swanger met klein Judah.
Die paartjie het kwotasies aangevra maar
omdat dit so hoog was het hulle besluit om
die projek liewer self aan te pak. “Ons is ’n
enkelinkomste-gesin en moes eenvoudig ’n
ander plan bedink. Toe teken ons ons
droomkombuis op ’n stuk papier en
ontwerp kaste wat perfek by die ruimte
pas” sê Victoria ’n argitek. Terwyl Andrew
’n pastoor by die werk was was dit Victoria
se taak om die kaste by hul plaaslike
Timbercity-tak te bestel en af te haal.
“Oor die daaropvolgende paar weke het
ek ’n bekende gesig in die winkel geraak
soos ek (telkens met ’n groter boep) ’n
bestelling kom gee of optel het – eers die
karkasse toe die deure en uiteindelik die
boonste kaste” vertel sy laggend. Die
installering is in fases gedoen om seker te
maak elke deur laai en rak pas perfek. “En
ek kan met trots sê dat ons niks twee keer
moes laat saag nie!” voeg Victoria by.
Nadat die teëls met hul houtvoorkoms
gelê is het die volgende uitdaging voorgelê:
die sement-werkblaaie. En dís waar vanjaar
se wenners gewys het wat in hulle steek.

2


Andrew het toe staal-bewapeningstawe
(“rebar”) by ’n skrootwerf gekoop en dit
gebruik om ’n stewige versterkingsnetwerk
te maak.

3


Nadat als op hul plek was het Andrew
die hele 5 cm-blad op een slag gegiet
om lasplekke te vermy. “Hy het heeloggend
gewerk om daardie vorm vol te kry!” sê
Victoria. Terwyl hy die sement gegiet het
het Andrew dit tegelykertyd met ’n waterpas
gelyk gemaak en versprei.
Ná die gietwerk het hulle die blad van
onder en die kante af met ’n wentel-
skuurder (minus die papier!) gevibreer. Dit
het die sement eweredig versprei en ontslae
geraak van enige lugborrels. Die resultaat
was ’n soliede blad met gladde kante.
Laat daardie selfde aand voor dit te
droog geraak het het hulle die sement met
’n troffel gladgestryk – dit het die meeste
riffels en enige ander ongelykhede verwyder.

4


Teen die volgende oggend was die
blaaie so te sê droog. Die Zekvelds het
dit gereeld natgemaak om te keer dat dit te
vinnig uitdroog en kraak. Drie dae nadat die
sement gegiet is het hulle die kante van die
gietvorm verwyder en ’n paar dae later die
res van die gietvorm en ondersteuning-
strukture weggeneem.

Só het die Zekvelds hul eie sement-werkblaaie gegiet


42 tuis Februarie 2017

Free download pdf