Kombuis voor
T
oe Stanley Cornelius en Candice Theunissen in 2010
die eerste keer as paartjie gaan naweek hou was dit
sonder ân beplande bestemming. By elke kruising het
hulle beurte gemaak om te besluit hoe hulle verder moet ry:
links regs of reguit aan. En so beland hulle toe op die
prentjiemooi Tulbagh in die Boland.
Min het hulle destyds geweet hulle sou ân paar jaar later ân
afgeremde plaasskooltjie in dieselfde pragtige vallei aanskaf dit
opknap en sedertdien as hul tweede tuiste beskou.
âOns wou ân wegbreekplek skep waar ons eendag kan aftreeâ
sê Candice. âOns ervaar albei baie stres en het ân manier gesoek
om daarvan te ontsnap.
âIn Augustus 2014 ná ân soektog van amper 18 maande het
ons ân dringende oproep gekry oor ân ârustieke eiendom wat ân
bietjie werk nodig hetâ op Wolseley; ons het 24 uur gehad om dit
te besigtig en ân aanbod te maak!
âDie huis is in ân landelike gebied 100 km buite Kaapstad.
Daardie dag het die sonsondergang die berge in die pragtigste
kleure laat gloei en die lieflike omgewing het ons aandag
afgetrek van die swak toestand van die huis. Maar die
Oregondennehoutvloere staalraamvensters en vriendelike â
maar lekkende â rooi sinkdak het ons hart gesteel.â Hul aanbod
is aanvaar en hulle kon aan die werk spring.
Voor die opknap het Stanley en Candice net ân âgoedkoop
basiese boorâ gehad waarmee hulle prente opgehang het.
Vandag is hulle gesoute selfdoeners met ân projek vir elke
naweek wat hulle hier deurbring. âAf en toe neem projekte
langer as ân naweek soos die buitestort of die nuwe braai-area
en daar is altyd iets wat afgehandel moet word voor ons weer die
pad terug Table View toe vatâ sê Candice.
Die en suite-slaapkamer en
leefarea word geskei met ân
stapeldeur wat hulle agter die
ou droëmure ontdek het. âOns
het besluit om dit te hou
want dis deel van die huis se
geskiedenisâ sê Candice.
Die platteland roep
Hul Skoolhuisie soos dit nou bekendstaan is in die 1950âs gebou
maar toe die paartjie daar aankom was daar geen lopende water of
elektrisiteit op die 15 ha-eiendom nie. Boonop het ân gesin knaag-
diere hul intrek in die droëmure geneem. âOns kan eerlik sê dit was
nie die huis se voorkoms wat die transaksie beklink het nieâ sê
Candice laggend.
Sy en Stanley het ân mobiele toilet gehuur ân sonkragstort staan-
gemaak en ân koelboks vol ys vir ân yskas gebruik. So het die
paartjie amper vyf maande geleef totdat Skoolhuisie met die nodige
waterwerke en elektrisiteit toegerus is. âOns het die eerste keer op
Oujaarsaand 2014 hier oorgeslaap!â sê Candice.
Hulle het ân plaaslike bouer aangestel vir die loodgieterswerk
nuwe agterdeure en die fondament vir ân nuwe stoep maar dit het
gou in ân nagmerrie ontaard. âDie bouer het sonder ons medewete
ân ander minder ervare bouer gesubkontrakteer. Ons moes die lood-
gieterswerk oordoen en die septiese tenke het nie gewerk nie! Ons
het ook besef die nuwe stoep se fondament het reënwater by die
huis laat inloop pleks van buitentoe na die tuin.â
Maar pyp-probleme en agterstevoor stoepe was net ân voorsmakie
van wat oor die volgende paar maande sou kop uitsteek ... >>
Candice het ân gietysterbad op Gumtree gevind
en Stanley moes dit van Groenpunt af Wolseley
toe aanry. âMaar eers moes dit van die vierde
verdieping af ondertoe gedra word en dis swaar!â