Tuis. 02

(Tuis.) #1

Ná reën kom ... nog reën


’n Ramp in die hartjie van die winter was ’n groot terugslag:
Tydens ’n storm het die ondersteuningsbalke wat Stanley en sy
skoonpa op die stoep staangemaak het omgeval – op die nuwe
glas-stapeldeure!
“Ná ’n benoude oproep van die man wat ons hoenders versorg
wanneer ons nie daar is nie is ons inderhaas plaas toe. Dit was ’n
groot slag en ons het oor ’n naweek in gietende reën die situasie
probeer red” sê Candice. Gelukkig het haar ouers in hul uur van
nood kom hand bysit.
“Dit was skreeusnaaks toe ’n goeie vriendin se man vra watter
soort saag ons vir die stoepprojek gebruik het. Stan antwoord toe
heel trots: ‘My figuursaag!’ Dit was ’n Kersgeskenk en sy eerste
elektriese saag. Toe hoor ons vir die eerste keer van ’n sirkelsaag;
blykbaar sou dit veel vinniger werk gemaak het van ons 150 mm-
pale.” Maar sê Candice nou weet sy wat Stanley se volgende
verjaardaggeskenk gaan wees ...
Noudat die stoep klaar is bring Candice ’n mediese
verteenwoordiger en Stanley ’n IT-spesialis sowat vier aande per
week hier in hul toevlugsoord deur. “Ons geniet die alleentyd of
kuier buite met ons familie honde en vriende en skep só nuwe
herinneringe vir ons Skoolhuisie. Noudat ons terugkyk is ons so
trots op wat ons bereik het. Daar was vele hande betrokke by dié
projek – maar die pad is nog lank ...”


‘n Ramp op
die stoep!

Die balke op die stoep moes gestut
word tot die skade herstel is. Hulle
moes ’n dak opsit om te keer dat
reënwater by die deure inlek.

48 tuis Februarie 2017

Free download pdf