V&A
met âStandiceâ (vriende se
bynaam vir die twee)
Wat is die waardevolste les wat
julle geleer het? Nie alle boor-
punte is gemaak vir dieselfde
substraat of taak nie en dieselfde
geld vir elke slypskyf of sirkellem.
Ook dat jy die moeite moet doen
om te leer nederig genoeg moet
bly om te vra en te luister en jou
tyd vat â dan kan jy enigiets
bereik.
Wat sou julle volgende keer
anders doen? Ek wens ons het al
die âvuil werkâ binne eerste
gedoen. Nadat ons die helfte van
die vloer geskuur en geseël het
was ons so uitgeput (en verveeld)
dat ons die tweede deel eers ân
jaar later aangepak het. In daardie
stadium was al die meubels en
dekor op hul plek en die gemors
en moeite wat dit meegebring het
was regtig frusterend.
Wat geniet julle die meeste van
die ruimte? Ek moet sê die nuwe
stoep. Ons het herwinde sinkplate
gebruik om my sithoekie met die
dagbed en rusbanke teen die
suidooster te beskut en nou kan
ek en die honde ure hier in die
middagson lê. Dit beteken soveel
meer vir ons omdat ons so baie
teenspoed beleef het.
Enige wenke om geld te bespaar?
- Jy spaar baie met herwinde
bakstene en tweedehandse hout
maar dit verg ân bietjie meer
moeite. Ingeboude kombuiskaste
is duur en heeltemal onnodig. Ek
verkies ons losstaande eenhede
van herwinde hout. - As jy ân kenner huur kry die
beste wat jy kan bekostig â so
spaar jy verdere uitgawes van
projekte wat oorgedoen moet word.
As ons iets self doen en droog-
maak is dit ten minste ook ân les
vir ons. Maar as ek ân ambagsman
betaal en hy maak droog is dit net
rampspoedig!
Wat moet liefs aan die kenners
oorgelaat word? Septiese tenke en
loodgieterswerk. Maar ons beoog
om ân kursus in basiese koperpyp-
loodgieterswerk by te woon ...
ân Ou Wendyhuisie binne sig van die nuwe stoep is
verwyder wat ân teëlmuur blootgelê het.
Candice het besluit om dit in ân fokuspunt te omskep:
Sy het ân stensilpatroon aangebring met Annie Sloan-
verf en dit toe geseël met Annie Sloan Wax.