Tuis. 02

(Tuis.) #1

Wat jy nodig het


1


1 Meet die binnekant van jou venster en dra die mate op die hout
oor (onthou om die breedte van die hout af te trek wanneer jy die
horisontale planke meet – hulle pas tussen die vertikale planke).
Saag die vier raamdele uit.

Stap vir stap...


PROJEK # 3


Hou die muskiete weg


PROJEKGIDS
Harde werk 1/10
Vaardigheidsvlak 1/10
Tyd nodig 2–3 uur
Doen dit self vir ± R430:
hout R120 L-stutte R180
lap R130

GEREEDSKAP


  • figuursaag

  • skroewedraaier

  • G-klampe

  • maatband

  • skuurpapier

  • kramgeweer

  • gompistool

  • skêr

  • potlood

  • verfkwas


INKOPIELYS


  • twee dennehoutplanke van 32 x 44 x 1 800 mm

  • 4 dekoratiewe L-stutte

  • 1 m kant

  • 4 m lint

  • 3 mm x 16 mm-skroewe

  • oorskiet-Dulux Supergrip Primer

  • oorskiet-Dulux Pearlglo white


Hierdie tuisgemaakte
muskietraam maak ’n einde
aan die alewige muskietejag op


someraande. Dit hou ook ander
kruipende goggas buite!
Moeselien-gordyn van Woolworths;
plant kerse in glasfles en marmerfles van @home

23


2 Wend die onderlaag oraloor die hout aan. Wag tot dit heeltemal
droog is en wend twee lae Pearlglo aan (laat elke laag goed droog
word). 3 Sit die raamdele aan mekaar deur ’n L-stut in elke hoek
vas te skroef.

4 5


4 Sny die kant sodat dit effens groter as die raam is en maak
seker die patroon pas simmetries in die raam. Vou dit oor die
raam en kram dit aan die agterkant vas; begin by die middel
van een sy en werk na die hoeke toe. Doen dan dieselfde aan
die teenoorgestelde kant weer van die middel af buitentoe.
Herhaal met die oorblywende sye.

5 Sny enige oorskiet-kant af en plak die lint met die gompistool
al om die rand vas; vou dit eenvoudig haaks om by die hoeke.
Plaas die skerm op jou vensterbank om muskiete en ander
insekte uit te hou!
VERSKAFFERS @home 0860 666 674 home.co.za
Woolworths 0860 022 002 woolworths.co.za
Free download pdf