70 tuisFebruarie 2017
Wat jy nodig het
GEREEDSKAP
- figuursaag en klein lem vir
rondings saag - boor met 8 mm-houtboorpunt
en 6 mm-klipboorpunt - G-klampe ⢠maatband
- skuurpapier ⢠passer
- potlood ⢠verfkwas
- waterpas ⢠hamer
1
3
6 7
45
2
1 Meet en merk die middelpunt van drie sirkels ewe ver uitmekaar.
2 Meet die deursnee van die plantpot se binnekant; gebruik die passer en
trek ân sirkel van daardie grootte rondom die merke wat jy in stap 1 gemaak het.
Stap vir stap...
PROJEK # 2
ân Rak vir potplante
PROJEKGIDS
Harde werk 1/10
Vaardigheidsvlak 1/10
Tyd nodig 2â3 uur
Maak dit self vir ± R692:
plank R226 plantpotte
R78 L-stutte R148
Gripseal R90 verf R150
INKOPIELYS
- gelamineerde-dennehoutplank
(1 200 x 300 mm) - 3 plastiek-plantpotte
- 2 L-stutte ⢠Gripseal Clear
- Harlequinâs Gardeners Pot Paint in
die kleur Snow White - 3 mm x 16 mm-skroewe
- 6 mm x 36 mm-inkapskroewe
3 Klamp die hout stewig aan jou werkoppervlak vas en
boor ân gidsgat in elke sirkel vir die figuursaag se lem.
Saag dan die drie sirkels met die figuursaag uit.
4 Verseël die hout aan
albei kante met twee lae
Gripseal.
5 Skuur die potte liggies en wend
dan 2â3 lae verf aan of genoeg
tot die oppervlak egalig wit is.
6 Skroef die L-stutte aan die
rak vas sowat 10 cm van elke
rand af. 7 Posisioneer die rak
waar jy dit wil hê. Gebruik die
waterpas om seker te maak
dis gelyk en merk waar die
skroewe by die muur
moet ingaan.
8 Boor gate in
die muur.
Wenk Onthou om ook die
binnerand van die pot te verf.
8
9
9 Sit die rak
met die inkap-
skroewe vas.