Tuis. 02

(Tuis.) #1

74 tuis Februarie 2017


Wat jy nodig het


GEREEDSKAP


  • stempel

  • stuk karton

  • inkroller

  • stuk glas

  • verfkwas

  • omkapmasjien


DEEL # 2


Verf en versier


die mat


INKOPIELYS



  • drie tot vier kleure Annie Sloan-verf
    (ons het Duckegg Blue Paris Grey
    en Old White gebruik as basiskleur
    en Aubusson Blue vir die ontwerp)
    WenkJy kan toetspotjies (R55 vir
    100 ml) gebruik en dit met water
    verdun maar die eindresultaat sal
    nie so treffend wees nie.

  • seil in die grootte van jou keuse
    (Builders verkoop lengtes of jy kan
    dit per meter by handwerk- of
    lapwinkels koop)

  • glyvaste rugkant (ons het een by
    MRP Home gekry)


VERSKAFFERS Builders 0860 284 533 builders.co.za MRP Home 0800 21 25 35 mrphome.com Woolworths 0860 022 002 woolworths.co.za

1


2


345


2 Gooi ’n bietjie van die Aubusson
Blue op die glas uit en gebruik die
roller om jou stempel met verf te
bedek. Omdat die roller van harde
rubber gemaak is moet die
oppervlak waarop jy die verf uitgooi
gelyk en glad wees om dit eweredig
oor die roller te versprei vandaar die
stuk glas (jy kan ook ’n verfbak met
’n baie gladde oppervlak probeer).

3 Druk die patroon met jou stempel
op die voorbereide seil af. Jy kan die
ingeleefde voorkoms aanpas deur
harder of sagter te druk. Herhaal tot
jou hele mat bedek is.

4 Sodra die verf heeltemal droog is rond
die mat af deur die rand te omsoom.
Tuimeldroog nou die mat om die verf te
laat set of stryk dit. Dis nie nodig om was
aan te wend nie.

1 Laat drup die verf in
die basiskleure op die
seil. Gebruik die karton
om die verf oor die hele
oppervlak te smeer; dit
moet ’n marmer-effek
hê. As daar dele is waar
die verf nie dik genoeg is nie
kan jy nog verf met ’n kwas
byvoeg en dan weer met die
karton daaroor vee. Herhaal
tot jy tevrede is met die
kleur en die hele oppervlak
bedek is. Laat die verf dan
heeltemal droog word.

5 Sit die glyvaste rugkant onder die
mat sodat dit nie rondskuif nie.
Onthou Dié tegniek is dekoratief.
Hoewel die mat wasbaar is sal
herhaalde wassiklusse die verf laat
verdof.
Free download pdf