Tuis. 02

(Tuis.) #1

Projeknotas



  • Onthou om gidsgate te boor.

  • Laat saag die hout pasklaar by
    jou naaste houthandelaar – dit sal
    jou taak aansienlik vergemaklik.

  • Ons het ons rak geverf met
    Plascon se waterbasis-Velvaglo in
    die kleure Crazy Daisy Ocean
    Crystal en White.


Skroef dié trapstruktuur teen die 410 x 330 mm-middelstut vas met die onderkante gelyk.
Meet en trek ’n lyn 250 mm van een ent van ’n 1 000 x 350 mm-plank (basis) af oor die
breedte van die plank. Posisioneer die trap met sy kort stut op dié lyn gelyk met die
voorkant van die basis en skroef die trap by die twee stutte aan die basis vas.

Februarie 2017 tuis 77


doen dit self


1


3


2


Stap vir stap...


PROJEKGIDS
Harde werk 4/10
Vaardigheidsvlak 4/10
Tyd nodig ± 1 tot 2 uur
(verf uitgesluit)
Maak dit vir sowat R500
(hout R380 wiele R100
skroewe R20)

Gebruik die 6 mm x 40 mm-
spaanderbordskroewe en skroef die
160 x 330 mm-stut haaks onder die
een kort sy van die 450 x 330 mm-rak
vas. Skroef die 120 x 330 mm-stut
haaks onder die een lang sy van die
250 x 330 mm-rak vas. Skroef nou
die klein rak se stut haaks op die
grote vas (dit vorm ’n trapstruktuur)
met die oop kante gelyk.

Skroef die twee 410 x 350 mm-sye haaks bo-op die ente van die basis vas. Voltooi die
raamwerk met die oorblywende 1 000 x 350 mm-plank as bokant. >>

Wat jy nodig het


INKOPIELYS



  • een blad 18 mm-laaghout soos volg
    gesaag:
    twee stukke van 1 000 x 350 mm (basis
    en bokant)
    twee stukke van 410 x 350 mm (sye)
    een stuk van 964 x 410 mm (rugkant)
    een stuk van 450 x 330 mm (rak)
    een stuk van 250 x 330 mm (rak)
    een stuk van 160 x 330 mm (stut)
    een stuk van 120 x 330 mm (stut)
    een stuk van 410 x 330 mm
    (middelstut)

  • pakkie 6 mm x 40 mm-
    spaanderbordskroewe

  • pakkie 8 mm x 16 mm-
    spaanderbordskroewe

  • houtvuller

  • 150-grint-skuurpapier

  • vernis of verf

  • vier 50 mm-rolwiele met hegplaat


GEREEDSKAP



  • koordlose boor en 3 mm-boorpunt

  • potlood

  • maatband

  • winkelhaak

  • skuurmasjien

  • kwas

  • skraper

Free download pdf