Tuis. 02

(Tuis.) #1
Vir nog roosraad lees Nan se boek (links). Dit is beskikbaar by die meeste groot
boekwinkels of besoek lapa.co.za.

‘Barley Gold’ ‘Buff Beauty’

Februarie 2017 tuis 99



  • Rose het goeie lugvloei nodig. Met te min lugvloei is
    swamsiektes jou voorland. Sorg dus vir genoeg ruimte
    tussen rose en ander plante en ook tussen ’n rankroos en
    ’n muur daaragter.

  • Strooi ’n organiese deklaag om jou rose om vog te behou
    die wortels koel te hou en onkruid te onderdruk – denne-
    naalde houtsplinters of growwe kompos is goeie keuses.

  • Maak jou rose twee keer per week diep nat in die somer
    veral in warm weer maar minder in die winter. As water-
    beperkings geld gebruik gryswater (sien Ludwig se raad op
    bl. 109). Rose gaan nie dood van minder water nie hulle
    blom net minder. Die hoeveelheid water wat nodig is hang
    baie van jou grondsamestelling af – kleigrond het minder
    water nodig en sanderige grond weer meer. Die beste
    manier om te weet of ’n roos water nodig het is om met
    jou hande onder die deklaag te voel of die grond klam is of
    nie. Met ’n organiese deklaag om jou rose en genoeg
    kompos in die grond sal jy minder water hoef te gee. Of
    plant ’n grondbedekking soos polei (Mentha pulegium) of
    ĚŝĞŝŶŚĞĞŵƐĞƌĂŶŬͲŇŽŬƐ;Chaenostoma cordatum) met ’n
    vlak wortelstelsel in jou roosbedding wat ook die grond sal
    koel hou.

    • Moenie rose te hard terugsnoei nie. In die winter
      word suikers in die stamme en wortels gestoor vir
      die lente se oorvloed blomme. As jy te veel snoei
      sny jy die gebergde voedsel weg en sal jou rose aan
      die begin van die seisoen minder blom. Voort-
      durende harde snoei verkort ook die roosboom
      se lewensduur.

    • Al is die versoeking hoe groot moenie
      langsteelrose aan die begin van die groeiseisoen
      pluk nie. Jy pluk só te veel van die groen blare af en
      dit is juis waar die roosboom se kos vervaardig
      word. Pluk vroeg in die seisoen rose met kort stele
      en los soveel moontlik groen blare aan die plant.
      Later in die seisoen kan jy maar pluk want die
      roosbome is dan groter met baie meer groenigheid
      wat vir fotosintese verantwoordelik is. Die plant kan
      dan die verlies van ’n redelike hoeveelheid blare
      makliker hanteer.




OOR PLANT EN VERSORGING


OOR SNOEI EN PLUK
Free download pdf